Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan aangebied word teen ’n bydrae van R1,00 elk: Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawe kos R5,30. Pogings moet aangewend word om tuisbybelstudies te begin. Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R33,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R16,50. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat as die aanbod van die hand gewys word.
◼ Vanaf September 1995 sal kringopsieners die openbare toespraak met die titel “Goddelike onderrigting seëvier wêreldwyd” hou. Dit is ’n skyfievertoning wat die aandag vestig op die spesiale internasionale “Goddelike Onderrigting”-Byeenkomste wat kort gelede gehou is.
◼ By die kringbyeenkomste en spesiale byeenkomsdae vanaf September 1995 en by die “Vreugdevolle Lowers”-Streekbyeenkomste aan die einde van die jaar sal daar geen voedsel bedienword nie. Elkeen moet sy eie eet-endrinkgoed bring. Die onkostemet betrekking tot hierdie geleenthede sal deur vrywillige bydraes gedek word. Volle besonderhede sal later inOnsKoninkryksbediening gegee word.
◼ Gemeentes word daaraan herinner om ’n genoegsame voorraad vorms vir die 1996-diensjaar te bestel. Hierdie vorms moet nie gemors word nie. Dit moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit gedruk is.
◼ LET WEL: Die nuwe datums vir die volgende streekbyeenkomste is:
15-17 Desember: Gaborone, Botswana
23-25 Desember: Mafikeng
◼ Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
Bundels van die Awake! vanaf 1960 tot 1984 en 1986 tot 1988—Engels
Bundels van The Watchtower vir 1961 en 1988—Engels