Wees onderrigters van God se Woord—Deur van brosjures gebruik te maak
1 Elke toegewyde kneg van Jehovah het ’n verantwoordelikheid om ’n aandeel te hê aan die werk om ander die Woord van God te leer. Die erns van hierdie verantwoordelikheid word duidelik wanneer ons besef dat dit die een met alle gesag in die hemel en op die aarde is wat ons die opdrag gegee het om ‘dissipels van mense van al die nasies te maak en hulle te leer’ (Matt. 28:18-20). Ons moet dus onderrigters word as ons ’n aandeel aan die verkondiging van die goeie nuus het!—2 Tim. 2:2.
2 Ons kan gedurende Augustus ons vaardighede as onderrigters gebruik wanneer ons brosjures aanbied. Ons kan interessante skriftuurlike gedagtes daaruit kies en ’n paar kommentare voorberei wat ons sal help om ’n gesprek te begin.
3 Wanneer jy die brosjure “Gee God werklik vir ons om?” aanbied, kan jysê:
◼ “Ons het al baie van jou bure besoek en gevind dat hulle bekommerd is oor die skerp toename in misdaad, terrorisme en geweld. Waarom dink jy het dit so ’n probleem geword? [Laat die huisbewoner antwoord.] Dit is vir ons van spesiale belang dat die Bybel voorspel het dat dit sou gebeur. [Lees 2 Timoteus 3:1-3.] Let op dat dit in ‘die laaste dae’ sal plaasvind. Dit gee te kenne dat iets binnekort gaan eindig. Wat dink jy is dit?” Laat die huisbewoner antwoord. Blaai na bladsy 22, vestig die aandag op die prent en bespreek een of twee tekste wat op daardie bladsy aangehaal word. Bied die brosjure teen ’n bydrae van R1,00 aan en reël om later terug te kom om te verduidelik waarom ons glo dat hierdie seëninge op handeis.
4 Jy sal dalk hierdie benadering wil gebruik wanneer jy die brosjure “Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?” aanbied:
◼ “Vir baie mense is dit moeilik om ’n ware doel in die lewe te probeer vind. Hoewel ’n paar ’n mate van geluk geniet, lei die meeste mense ’n lewe vol teleurstellings en lyding. Dink jy dit is hoe God wou hê ons moet lewe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel toon God wil hê dat ons in so ’n wêreld moet lewe.” Vestig die aandag op die prent op bladsy 21, en blaai dan na bladsye 25 en 26, paragrawe 4-6, en verduidelik wat hy beloof het. Opper hierdie vraag wat jy kan bespreek wanneer jy terugkeer: “Hoe kan ons seker wees dat God sy beloftes sal vervul?”
5 Jy kan die brosjure “Jy kan vir ewig op die aarde lewe!” aanbied deur die hele prent op die voorste en agterste buiteblad te vertoon en te vra:
◼ “Sal jy daarvan hou om in ’n wêreld vol gelukkige mense soos dié te lewe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel sê vir ons dat God mense liefhet en wil hê dat hulle vir ewig in geluk op hierdie aarde moet lewe.” Blaai na prent 49 en lees een van die teksverwysings. Vestig die aandag op prent 50 en verduidelik wat ons moet doen as ons in hierdie Paradys wil lewe. Bied aan om terug te kom en te bespreek waarom geloof in Jesus Christus so belangrikis.
6 Dit behaag Jehovah wanneer ons ons ‘vooruitgang duidelik maak deur op ons onderrigting te let’ (1 Tim. 4:15, 16). Ons brosjures kan ons waarlik help in ons pogings om diegene by te staan wat daarna smag om “goeie nuus van iets beters” te hoor.—Jes. 52:7,NW.