Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/95 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1995
Ons Koninkryksbediening—1995
km 8/95 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,00 elk aangebied word: Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen die spesiale, verlaagde bydrae van R8,00. Klein uitgawes kos R4,00. (Hierdie verlaagde pryse vir die Paradys op aarde-boek geld vir al drie maande van die ontoegekendegebied-kampanje.) Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R33,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R16,50. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. November: Bied die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die mensdom se soeke na God aan teen ’n bydrae van R10,90. (Engels: Bied die New World Translation saam met die boek Die mensdom se soeke na God aan teen ’n bydrae van R19,30.)

◼ Elke gemeente sal drie Literature Inventory-vorms (S-AB-18) ontvang. Die gemeentelike sekretaris en die lektuurkneg moet vroeg in Augustus besluit op ’n datum aan die einde van die maand waarop hulle ’n inventaris van die gemeente se lektuurvoorraad kan opstel. Al die lektuur in voorraad moet getel word, en die totale moet op die Literature Inventory-vorm ingevul word. Die aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg gekry word. Pos asseblief die oorspronklike vorm voor 6September aan die Genootskap. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris gekontroleer word, en die ingevulde vorm moet deur die presiderende opsiener nagegaan word. Die sekretaris en die presiderende opsiener moet die vorm teken.

◼ Die gemeentelike sekretaris sal die diensrapport saamstel wat op die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-10) ingevul moet word. Hy sal ook enige ouer man of bedieningskneg wat dalk help om die rapport saam te stel deeglik oplei. Dit sal ’n akkurate tabulering van die nodige inligting vanaf die Congregation’s Publisher Record-kaarte (S-21) verseker. Die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-10) moet akkuraat en netjies ingevul en sorgvuldig deur die dienskomitee nagegaan word.

◼ Op 25 en 26 Augustus sal die Genootskap ’n inventaris opstel van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. As gevolg hiervan sal daar gedurende hierdie dae geen gemeentelike lektuurbestellings opgemaak word vir versending of om afgehaal te word nie.

◼ Ons is bly om aan te kondig dat ons die 1995 Yearbook of Jehovah’s Witnesses in Zulu ontvang het. Ons het ’n beperkte voorraad beskikbaar vir diegene wat eksemplare nodig het.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Watch Tower Publications Index 1991-1994 (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70)—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel