Bied die boek Die grootste mens wat nog geleef het aan
1 0ns sal gedurende Desember die boek Die grootste mens wat nog geleef hetin die veld aanbied. Wat gaan jy sê om ’n gepaste Bybelbespreking te begin, en hoe gaan jy hierdie uitstekende publikasie inlei?
2 Nadat jy die huisbewoner gegroet het, kanjy lets soos die volgende so:
◼ “Ons vra vandag ons bure wat hulle dink wanneer hulle in hulle Bybel lees oor die ewige lewe. [Laat die huisbewoner ant-woord.] Dit is van besondere belang om-dat die Bybel die uitdrukking ʼdie ewige leweʼ sowat 40 keer gebruik. Wat kan so ’n lewe vir ons inhou? Let op wat Openbaring 21:4 sê. [Lees.] Het jy gesien wat belowe word? [Laat die huisbewoner antwoord. Hoe kan ons die ewige lewe verkry?“ Lees Johannes 17:3, en beklem-toon die belangrikheid daarvan om kennis van God en van sy Seun, Jesus Christus, in te neem. Maak die Grootste mens-boek oop en wys vir die huisbewoner ’n paar van die prente. Blaai dan na die in-leiding en gebruik die onderhofies om sy belangstelling verder te wek. Bied die boek teen R10.50 aan.
3 Nadat jy gegroet het, kan jy sê:
◼ “Ons vra mense of hulle saamstem dat Jesus Christus die grootste mens was wat nog geleef het. [Gee die huisbewoner kans om te antwoord. Baie mense het natuurlik al die verloop van menseaan-geleenthede beïnvloed, en sommige het tot die vooruitgang van die mensdom bygedra, maar let op wat Jesus Christus van alle ander mense onderskei. [Lees Johannes 17:3.] Geen mens het die mag om die ewige lewe aan die mensdom te gee nie. [Blaai na hoofstuk 111 van die Grootste mens-boek.] Toe Jesus hier op die aarde was, het hy gebeure beskryf wat voor die wêreld se einde sou plaasvind.“ Nadat jy kortliks ’n deel van die teken van Christus se teenwoordigheid bespreek het, kan jy na ander kenmerke van die boek verwys.
4 ʼn Ander benadering, nadat jy gegroet het, is dalk: “Mense dink en praat gedurende De-sember baie oor Jesus. Hoe kan ons die voorbeeld van Jesus, die wêreld se groot-ste mens, navolg? [Laat die huisbewoner antwoord, en vestig dan die aandag op 1 Petrus 2:21.] Hy het sy volgelinge geleer om hulle naaste lief te hê, sedelik rein te bly en te bid dat God se Koninkryk moet kom. Ons redding hang daarvan af of ons Jesus as ons Redder erken en gehoor-saam. [Lees Johannes 14:6.] Jesus was geensins ’n gewone mens nie. Hierdie boek beskryf horn as die grootste mens wat nog geleef het. Hoofstuk 59 bevestig dit en identifiseer horn as ʼdie Christus, die Seun van die lewende Godʼ. Aangesien ons op horn staatmaak vir redding, dink jy nie dat ons soveel as moontlik oor sy werk en leringe moet leer nie? Hierdie boek is veral met daardie doel voorberei, en ek sal graag hierdie eksemplaar by jou laat teen ’n bydrae van R10.50.”
5 Wanneer jy met ’n jongmens praat, sal jy dalk hierdie be-nadering wil probeer:
◼ “Die meestejongmense soek na rolmo-delle om na te volg, maar dit is moeilik om goeie rolmodelle te vind. Jesus Christus het vir elkeen die volmaakte voorbeeld gestel. [Lees 1 Petrus 2:21.] Sy hele lewe het om die aanbidding van sy hemelse Vader gedraai. Hoe dink jy sal dit wees as meer mense horn probeer navolg?” Laat die huisbewoner antwoord. Verwys na die vierde paragraaf op die voorlaaste bladsy van die boek wat sy spesiale eienskappe beskryf. Verduidelik hoe die Grootste mens-boek ons almal kan help om beter Christene te word.
6 As ons goed voorbereid is, sal ons hierdie boek dalk kan gebruik om vir ander ‘die Skrif te open’ op ’n manier wat vir hulle groot vreugde sal verskaf!—Luk. 24:32.