Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou teen ’n bydrae van R3,50 of Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die punte in paragrawe 12-20 in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ Die Gedenkmaalviering sal op Dinsdag, 2 April 1996, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër mag begin, moet julle asseblief onthou dat die brood en wyn vir die Gedenkmaal nie voor sononder omgestuur moet word nie. Julle kan plaaslik uitvind hoe laat die son in julle omgewing ondergaan. Geen vergaderinge buiten velddiensvergaderinge moet op daardie dag gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik op ’n Dinsdag ’n vergadering het, kan julle dit op ’n ander dag van die week hou indien die Koninkryksaal beskikbaar is.
◼ Verkondigers wat graag in Maart, April en Mei as hulppioniers wil dien, moet nou hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en om genoeg tydskrifte en ander lektuur beskikbaar te hê.
◼ Ons jaarlikse spesiale Tydskrifdag sal op 20 April 1996 wees. Baie het dit in die verlede geniet om aan die bedrywighede van die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Begin gerus nou al reëlings tref sodat julle hierdie jaar ’n volle aandeel kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.
◼ Gemeentes moet die 1996 Yearbook of Jehovah’s Witnesses op hulle lektuurbestelvorm vir Februarie begin bestel. Die 1996 Yearbook sal in Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees en Zulu beskikbaar wees. Totdat hierdie boeke beskikbaar is en versend word, sal dit as “Back Ordered” op die gemeentefakture verskyn. Jaarboeke is ’n beheerde item en sal teen R5,60 elk op die lektuurrekening gedebiteer word. Pioniers wat langer as ses maande op die lys is, kan ’n gratis eksemplaar ontvang waarvoor die gemeente krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R3,70 elk bekom.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Jehovah se Getuies en opvoeding (gemeente en publiek: R1,00; pioniers: R0,70)—Afrikaans, Chichewa, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
Kennis wat tot die ewige lewe lei (gemeente en publiek: R3,50; pioniers: R2,65)—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Hongaars, Italiaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Serwies, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70)—Suid-Sotho, Xhosa
Herdrukte Wagtoring-bundel van 1951 (gemeente, publiek en pioniers: R22,00)—Engels
◼ Nuwe braille-publikasies beskikbaar:
Jehovah se Getuies en opvoeding (een bundel)—Tweede-graad Engels
Kennis wat tot die ewige lewe lei (twee bundels)—Tweede-graad Engels