Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer hulle die aanbod van die hand wys. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Soos aangekondig in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1996 sal die spesiale openbare toespraak vir die Gedenkmaalseisoen hierdie jaar in die meeste gemeentes op Sondag, 21 April, gehou word. Die tema van die toespraak is: “Bly onberispelik te midde van ’n krom geslag.” ’n Spesiale poging moet aangewend word om diegene wat die Gedenkmaal op 2 April bywoon uit te nooi.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Redenering uit die Skrif (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70)—Tsonga
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
To the Ends of the Earth (Vestig die aandag op die 50-jaar-geskiedenis van Gilead; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels
United by Divine Teaching (Vestig die aandag op die unieke aspekte van die internasionale byeenkomste van 1993/94 en beklemtoon die byeenkomstema: “Goddelike Onderrigting”; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels, Frans, Portugees