Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/96 bl. 1
  • Ons het ’n opdrag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons het ’n opdrag
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Preek die Woord’!
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Hoe Jehovah ons help om ons bediening uit te voer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Waarom preek Jehovah se Getuies van huis tot huis?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 11/96 bl. 1

Ons het ’n opdrag

1 Jesus het sy volgelinge beveel om ‘dissipels van mense van al die nasies te maak’ (Matt. 28:19). In 232 lande en eilandgroepe regoor die aarde is meer as vyfmiljoen lowers van Jehovah God ’n sprekende bewys daarvan dat Jesus se bevel uitgevoer word. Maar wat van ons persoonlik? Neem ons die opdrag om die predikingswerk te doen ernstig op?

2 ’n Morele verpligting: ’n Opdrag is “’n bevel om voorgeskrewe take te verrig”. Ons staan onder bevel van Christus om te preek (Hand. 10:42). Die apostel Paulus het besef dat dit ’n dwang, of morele verpligting, op hom gelê het om die goeie nuus bekend te maak (1 Kor. 9:16). Ter toeligting: Stel jou voor jy is ’n matroos op ’n sinkende skip. Die kaptein beveel jou om die passasiers te waarsku en hulle op die reddingsbote te kry. Sal jy daardie bevel ignoreer en jou daarop toespits om net jouself te red? Sekerlik nie. Ander maak staat op jou. Hulle lewe hang daarvan af. Jy is moreel verplig om jou opdrag uit te voer om hulle te help.

3 Ons het ’n godgegewe opdrag ontvang om ’n waarskuwing te gee. Jehovah gaan binnekort hierdie hele bose stelsel van dinge vernietig. Miljoene lewens is op die spel. Sal dit reg van ons wees om die gevaar waarin ander verkeer te ignoreer en net oor ons eie redding besorg te wees? Natuurlik nie. Ons is moreel verplig om die lewens van ander te help red.—1 Tim. 4:16.

4 Getroue voorbeelde om na te volg: Die profeet Esegiël het gevoel dit is sy verantwoordelikheid om die ontroue Israeliete ’n waarskuwende boodskap te gee. Jehovah het hom nadruklik teen die gevolge gewaarsku indien hy nie sy toewysing uitvoer nie: “As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe—en jy waarsku hom nie . . . , dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis” (Eseg. 3:18). Esegiël het sy opdrag lojaal uitgevoer selfs ten spyte van kwaai teenstand. Hy kon hom derhalwe daarin verheug toe Jehovah se oordele uitgevoer is.

5 Eeue later het die apostel Paulus geskryf oor sy verantwoordelikheid om die goeie nuus te verkondig. Hy het verklaar: “Ek [is] rein . . . van die bloed van alle mense, want ek het my nie daarvan weerhou om julle al die raad van God te vertel nie.” Paulus het in die openbaar en van huis tot huis getuig omdat hy besef het dat dit hom bloedskuldig voor God kon maak as hy dit nie doen nie.—Hand. 20:20, 26, 27.

6 Het ons die ywer wat Esegiël gehad het? Voel ons ons daartoe gedronge om te getuig soos Paulus gevoel het? Ons het dieselfde opdrag as wat hulle ontvang het. Ons moet voortgaan om ons verantwoordelikheid na te kom om ander te waarsku, ondanks hulle gebrek aan belangstelling, onverskilligheid of teenstand. Nog duisende kan gunstig reageer op die Koninkryksboodskap en verklaar: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is” (Sag. 8:23). Mag ons liefde vir God en ons naaste ons beweeg om nie moed op te gee nie. Ons het ’n opdrag om te getuig!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel