Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/97 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 1/97 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R4,00 elk. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R12,00 vir die groot uitgawe en R6,00 vir die klein uitgawe. Maart: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R41,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R20,50. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.

◼ Daar sal vir alle gedoopte verkondigers wat die week van 13 Januarie by die Diensvergadering is die “Advance Medical Directive/Release”-kaart en die “Identity Card” vir hulle kinders gegee word.

◼ Vanaf 2 Maart sal die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners “Gebruik opvoeding om Jehovah te loof” wees.

◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Sondag, 23 Maart, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die Gedenkmaalembleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal wanneer sononder in julle omgewing plaasvind. Aangesien geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge op daardie dag gehou moet word nie, moet gepaste reëlings getref word sodat die Wagtoring-studie op ’n ander tyd gehou kan word. Kringopsieners sal hulle vergaderingrooster vir die week na gelang van plaaslike omstandighede moet aanpas. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes dalk ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Die Gedenkmaal moenie só laat begin dat dit vir nuwe belangstellendes ongerieflik is om dit by te woon nie. Daarbenewens moet die rooster ook nie só druk wees dat daar geen tyd voor of ná die viering is om besoekers te groet, reëlings te tref vir voortgesette geestelike hulp vir belangstellendes of vir ’n algemene uitwisseling van aanmoediging nie. Nadat alle faktore deeglik oorweeg is, moet die ouer manne bepaal watter reëlings die beste sal wees sodat diegene wat die Gedenkmaal bywoon ten volle by die geleentheid baat kan vind.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1997-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 6 April, gehou word. ’n Skets sal voorsien word. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 6 April hou nie.

◼ Wanneer julle ’n Gedenkmaalspreker toewys, moet die liggaam van ouer manne, weens die belangrikheid van die geleentheid, een van die bekwamer ouer manne kies en nie net beurte maak of elke jaar dieselfde broer gebruik nie.

◼ Ons baie spesiale Tydskrifdag sal op 5 April 1997 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede van die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Begin gerus nou al reëlings tref sodat julle hierdie jaar ’n volle aandeel kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.

◼ Die Gedenkmaal vir 1998 sal op Saterdag, 11 April, ná sononder gehou word. Hierdie kennisgewing vir 1998 se Gedenkmaalviering word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry.

◼ Die Genootskap het ’n goedkoper Tydskrifhouer van plastiek vervaardig om die vinielhouer te vervang. Die koste vir die gemeente, publiek en pioniers is R7,50.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel