Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00. Oktober: Jaarintekening per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarintekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. In die tweede helfte van die maand sal daar begin word om Koninkryksnuus Nr. 35 te versprei. November: Die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 35 sal voortgesit word. Gemeentes wat hulle gebied gedek het deur ’n eksemplaar van Koninkryksnuus Nr. 35 by huisbewoners in elke huis of woning te laat, kan die Kennis-boek aanbied. Desember: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R8,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangewys is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Stel die gemeente in kennis wanneer dit gedoen is.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 18 Oktober 1997, vir skoonmaakwerk gesluit wees, en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Wanneer lektuurbestellings ingedien word, moet gemeentes onthou dat die Genootskap se CD-ROM nie onoordeelkundig versprei moet word nie. Dit is hoofsaaklik vir verkondigers se gebruik.
◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief die “Advance Medical Directive/Release”-kaartjies en identifikasiedokumente so gou as moontlik op die Literature Order-vorm (S-AB-14) moet bestel. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos 12 sent elk en die identifikasiedokumente kos 10 sent elk. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Moenie hierdie kaartjies uitdeel nie, maar hou dit totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.
◼ Die “Vraebus” in Ons Koninkryksbediening vir Mei 1997 het aangeraai dat ons versigtig moet wees wanneer ons saam met verkondigers van die ander geslag in die bediening werk. Daar bestaan goeie redes waarom almal goeie oordeel in hierdie saak aan die dag moet lê. Dit beteken nie dat reisende opsieners of selfs ander broers nie saam met susters in die veldbediening mag werk nie. Die gedagte was eerder dat dit onverstandig van ’n broer is om gereeld tyd alleen deur te bring saam met dieselfde persoon van die ander geslag wat nie aan hom verwant is nie.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1998 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur.
◼ Nuwe kompakskyf beskikbaar:
Kingdom Melodies Deel 4 (Orkesmusiek; gemeente, publiek en pioniers: R17,00)
◼ LET WEL: Die datum van die volgende streekbyeenkoms het verander:
26-28 Desember: Springs