Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Spits julle daarop toe om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarintekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Bied die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met twee tydskrifte teen ’n bydrae van R6,00 aan wanneer die intekening van die hand gewys word. Junie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R12,00 of Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R6,00.
◼ Altesaam 10 699 verkondigers van 301 gemeentes het 108 966 uur in die ontoegekendegebied-kampanje van 1997 bestee. Hulle het 23 399 boeke, 36 743 boekies en 47 413 tydskrifte versprei; 25 intekeninge gekry; 8275 herbesoeke gedoen en 1124 Bybelstudies gehou. Ons sien uit daarna dat baie meer gemeentes gedurende 1998 aan hierdie genotvolle diens sal deelneem.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Lektuurpryse sal vanaf 1 April 1998 styg. Julle sal binnekort nuwe pryslyste ontvang.
◼ Nuwe laserplaat beskikbaar:
Kingdom Melodies, Deel 6 (Orkesmusiek; gemeente, publiek en pioniers: R17,00)