Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarintekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Waar die intekening van die hand gewys word, kan die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met twee tydskrifte teen ’n bydrae van R6,00 aangebied word. Junie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R15,00 of Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R7,50. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,20 elk aangebied word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? kan aangebied word waar dit gepas is.
◼ Vanaf die week van 21 September 1998 sal ons ’n reeks brosjures by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer, waarvan die eerste die brosjure Wat vereis God van ons? sal wees.
◼ Aangesien ons nie meer baie geskenkte klere na omliggende takke stuur nie, moet julle asseblief nie meer tweedehandse klere vir hierdie doel skenk tot verdere kennisgewing nie. Maar as julle skoon, tweedehandse of nuwe klere van goeie gehalte aan die Bethelgesin wil skenk, staan dit julle vry om dit te doen.
◼ LET WEL: Die byeenkomsplek vir die Venda-streekbyeenkoms het soos volg verander:
1-3 Januarie 1999: Thohoyandou