Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/98 bl. 7
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—1998
Ons Koninkryksbediening—1998
km 11/98 bl. 7

Teokratiese nuus

Suid-Afrika: Nog tien Koninkryksale is toegewy, naamlik: Elandskraal (noordwes van Pretoria), Ezibeleni (Queenstown), Kagiso-Wes (Krugersdorp), Ramotse (noord van Pretoria), Sebokeng-Oos (Vanderbijlpark), Swellendam (Wes-Kaap) en Diepdal, Elukwatini, Fernie-Wes en Mayflower (Mpumalanga). Dit beteken dat altesaam 37 sale gedurende hierdie diensjaar toegewy is. Daar was nog net een diensjaar waartydens meer sale toegewy is.

Ons wil graag ons waardering uitspreek vir die uitstekende, selfopofferende gees wat die 20 Streekboukomitees en al die vrywillige werkers aan die dag lê. Hulle het baie ure daaraan bestee om hierdie sale te bou en week na week baie kilometers ver gereis om al hierdie projekte te voltooi. Ander het gereeld bydraes gegee en dit is inderdaad prysenswaardig. Ons bid vir Jehovah se voortgesette seën op hulle pogings.

Daar word beplan om nog 33 Koninkryksale gedurende die 1999-diensjaar te voltooi en toe te wy. Indien jy nog nie jou hulp vir julle plaaslike Streekboukomitee aangebied het nie, kan jy gerus die Kingdom Hall Construction Questionnaire-vorm (S-82) invul en vir julle presiderende opsiener teruggee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel