Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/99 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1999
Ons Koninkryksbediening—1999
km 6/99 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,20 elk aangebied word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? kan aangebied word waar dit gepas is. September: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.

◼ Moet asseblief nie aandui of julle die hardeband- of sagtebanduitgawe van publikasies wil hê wanneer julle bestellings plaas nie. Op die oomblik is sommige publikasies nog in die hardebanduitgawe beskikbaar terwyl ander slegs in die sagtebanduitgawe beskikbaar is. Wanneer hierdie publikasies herdruk word, sal hulle as sagtebandboeke uitgegee word. Op enige spesifieke tydstip sal die Genootskap dus net een uitgawe in voorraad hê, en dit sal die uitgawe wees wat gestuur sal word wanneer ons die bestelling ontvang. Die volgende publikasies sal uiteindelik slegs as sagtebandboeke beskikbaar wees: Die Bybel—God se woord of die mens s’n?, Die geheim van gesinsgeluk, Die grootste mens wat nog geleef het, Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?, Kennis wat tot die ewige lewe lei, Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe), Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en die Yearbook of Jehovah’s Witnesses. Alle ander publikasies sal hardebandboeke bly, tensy julle in die toekoms van die teendeel in kennis gestel word.

◼ LET WEL: Die datum vir die volgende streekbyeenkoms het verander:

26-28 November:

Vereeniging

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Apply Yourself to Reading and Writing (Gemeente en pioniers: R2,50)—Engels

◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:

Families—Make Daily Bible Reading Your Way of Life! (Drama, enkelkasset; gemeente: R10,50; pioniers: R9,50)—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel