Teokratiese nuus
◼ Suid-Afrika: Gedurende die laaste twee maande van die 1999-diensjaar is 17 Koninkryksale toegewy. Nege van hierdie sale is in Mpumalanga, naamlik: Dundonald, Fernie-Sentraal, Glenmore, Mkhuhlu, Nsikazi, Ogies, Phokoane, Tubatse en Violetbank. Die ander sale wat toegewy is, is Robertson (Wes-Kaap), Lafuta en Seaview (Oos-Kaap), De Aar (Noord-Kaap), Khuma (Noordwes), Chatsworth en Hillcrest (KwaZulu-Natal) en Grootfontein (Namibië). Gedurende die 1999-diensjaar is daar altesaam 35 sale toegewy.
Daar is reeds reëlings getref om vroeg in die nuwe diensjaar nog vyf sale toe te wy. Aangesien die Bestuursliggaam wil hê dat elke gemeente in hulle eie Koninkryksaal moet aanbid, wil ons soveel as moontlik aanmoedig om ernstig daaraan te dink om die Streekboukomitees, wat soveel waardeer word en wat so hard werk, te help om Koninkryksale te bou.