Teokratiese nuus
◼ Suid-Afrika: Gedurende Maart is nog twee Koninkryksale toegewy, naamlik Oukasie (Brits) en Maun (Botswana). Ons verheug ons saam met hulle dat hulle ná baie jare nou hulle eie plekke van aanbidding het. Weens die lang afstande wat vrywilligers moes aflê om die Maun-gemeente te help, het dit meer as drie jaar geneem om hulle saal te bou. Die Botswana-Streekboukomitee het gehelp om die saal te voltooi. ’n Gesin het ook verlede jaar gereageer op die oproep in Ons Koninkryksbediening vir November 1998 om te gaan waar hulp nodig is, en hulle het gehelp om die saal te voltooi terwyl hulle in die Engelse gebied gewerk het. Ons is dankbaar teenoor al die broers en die Streekboukomitees wat met hierdie projekte gehelp het. Ons wil graag die gemeentes wat besig is om hulle sale te bou, aanmoedig om hulle ten doel te stel om dit voor die einde van hierdie jaar toe te wy. Die plaaslike Streekboukomitee sal julle met graagte hiermee help.