Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/00 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2000
km 11/00 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 36 moet voortgesit word. Gemeentes wat hulle gebied gedek het deur ’n eksemplaar van Koninkryksnuus Nr. 36 by huisbewoners in elke huis of woning te laat, kan die Vereis-brosjure of die Kennis-boek aanbied. As mense dit reeds het, kan die Skepping-boek gebruik word. Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (groot uitgawe), Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of enige boek met 192 bladsye wat in of voor 1986 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het.

◼ Na afloop van die Koninkryksnuus-kampanje kan gemeentes wat nog Koninkryksnuus Nr. 36 in voorraad het verkondigers aanmoedig om dit op dieselfde manier as die traktate aan te bied—van deur tot deur en elders. Indien dit gepas is, kan verkondigers een by elke huis laat waar niemand tuis is nie, maar hulle moet seker maak dat verbygangers dit nie kan sien nie. ’n Poging moet aangewend word om al die oorblywende eksemplare van hierdie belangrike boodskap te versprei.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningeverslag gelees is.

◼ Gemeentes moet begin om gedenkmaaluitnodigings vir 2001 met hulle volgende lektuuraanvraag te bestel. Die uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Bestel asseblief oordeelkundig, aangesien die uitnodigings slegs vir belangstellendes is, en nie vir algemene verspreiding nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel