Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/00 bl. 5
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2000
km 12/00 bl. 5

Teokratiese nuus

◼ In Augustus en September is 16 nuwe Koninkryksale toegewy. Dit is beslis goeie nuus en maak ons harte baie bly! Gedurende Augustus is die volgende 11 sale toegewy: Alice, Middledrift, Ngxaza, Noncampa, Pepeni, Sugarbush en Tabankulu (almal in die Oos-Kaap), Bhekuzulu en Ethandukukhanya (KwaZulu-Natal), Ga-Rankuwa Sone 1 (Gauteng) en Maseru-Noord (Lesotho). Dit bring die aantal sale wat gedurende die 2000-diensjaar toegewy is op 27 te staan. Gedurende September is vyf sale toegewy, naamlik: Nseleni (KwaZulu-Natal), Morija (Lesotho), Gelvandale en Jansenville (Oos-Kaap), asook Somerset-Wes (Wes-Kaap).

Ons wil weer eens ons dankbaarheid en waardering uitspreek teenoor al die Streekboukomitees (SBK’s), die vrywillige werkers en hulle gesinne vir die selfopofferende gees wat hulle toon om te help met die bou van Koninkryksale wat so nodig is. Volgens ons rekords het ons nou meer as 500 toegewyde Koninkryksale. Daar is egter nog 315 sale nodig (vir gemeentes met meer as 30 verkondigers). Ons wil alle gemeentes wat ’n saal nodig het, aanmoedig om (1) grond te kry, (2) met hulle SBK in aanraking te kom en (3) voort te gaan om tot hulle boufonds by te dra. Die Bestuursliggaam wil hê dat elke gemeente in hulle eie Koninkryksaal moet vergader. Dit sal dus waardeer word as meer van ons die SBK’s kan help met die bou van hierdie Koninkryksale wat so nodig is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel