Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (groot uitgawe), Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of enige boek met 192 bladsye wat in of voor 1986 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wend ’n spesiale poging aan om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Kennis-boek of Vereis-brosjure aan met die doel om tuisbybelstudies te begin.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die Genootskap se jaarlikse S-201-briewe vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ Die sekretaris moet sorg dat die Streekboukomitee op hoogte gehou word van die status van alle gedoopte verkondigers wat “Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire”-vorms (S-82) ingestuur het. Wanneer ’n vrywillige werker se status verander, soos wanneer hy verhuis of as ’n bedieningskneg of ouer man aangestel word, moet nuwe vorms dadelik ingevul en ingestuur word. As ’n vrywillige werker se posadres of telefoonnommer verander of as hy nie meer ’n goeie naam in die gemeente het nie, moet die ouer manne die Streekboukomitee onmiddellik per brief in kennis stel.
◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir die jaar 2002 ná sononder op Donderdag, 28 Maart, sal val en nie op Vrydag, 22 Maart, soos agterin die 2001-Kalender aangedui word nie. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry. Omdat dit so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne, wanneer hulle ’n Gedenkmaalspreker toewys, een van die bekwamer ouer manne kies en nie net beurte maak of dieselfde broer elke jaar gebruik nie. ’n Uitsondering sal gemaak word as daar ’n bekwame gesalfde ouer man is wat die toespraak kan hou.
◼ Gemeentes moet die 2001 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuuraanvrae vir Februarie begin aanvra. Die jaarboek vir 2001 sal in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Totdat hierdie boeke beskikbaar is en bestellings opgemaak word, sal hulle as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die jaarboek vir 2001 is ’n spesiaal aangevraagde item, wat beteken dat hulle slegs deur die gemeente aangevra moet word wanneer broers spesifiek daarvoor vra: die lektuurkneg kan nie ’n groot voorraad namens die gemeente bestel nie. ’n Noukeurige rekord moet dus gehou word van almal wat hierdie item aanvra. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I—Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Pools, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (gewone uitgawe)—Suid-Sotho, Tswana
Jy kán God se vriend wees!—Afrikaans, Chichewa, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Spaans, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Kingdom Melodies Nr. 9 (enkeloudiokasset)