Teokratiese nuus
◼ Gedurende Oktober is die eerste vier Koninkryksale van die nuwe diensjaar toegewy. Die drie nuwe sale wat toegewy is, was Ceres (Wes-Kaap) en Sobabili en Pisgah (naby Estcourt, KwaZulu-Natal). Ná baie opknappings is die Phalaborwa-Koninkryksaal (Noordelike Provinsie) weer toegewy.
Nadat die 23 Streekboukomitees gedurende die afgelope diensjaar 60 sale suksesvol voltooi het, beoog hulle om hierdie diensjaar 100 sale te voltooi. Ons bid vir Jehovah se ryk seën en leiding op hulle pogings en spoor nog broers aan om dit biddend te oorweeg om hulle te help. Voltooi asseblief ’n Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire-vorm (S-82) wat jy by julle gemeentelike sekretaris kan kry.