Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? of Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan met die doel om tuisbybelstudies te begin.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die jaarlikse S-201-briewe vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ Die sekretaris moet sorg dat die Streekboukomitee op hoogte gehou word van die status van alle gedoopte verkondigers wat Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorms (S-82) ingestuur het. Wanneer ’n vrywillige werker se status verander, soos wanneer hy verhuis of as ’n bedieningskneg of ouer man aangestel word, moet nuwe vorms dadelik ingevul en ingestuur word. As ’n vrywillige werker se posadres of telefoonnommer verander of as hy nie meer ’n goeie naam in die gemeente het nie, moet die ouer manne die Streekboukomitee onmiddellik per brief in kennis stel.
◼ Pas op vir bedrieglike skemas wat op die Internet en in die pos in omloop is en waarin geld vir ons broers aangevra word onder die skyn van hulpverlening aan slagoffers van rampe. Wanneer omstandighede dit ook al vereis dat ’n noodlenigingskomitee gevorm moet word om materiële bystand aan Jehovah se Getuies te verleen, sal verantwoordelike broers daarvan in kennis gestel word. Bydraes vir sulke behoeftes moet gestuur word aan Jehovah se Getuies, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2002-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 14 April, gehou word. Die tema van die toespraak sal wees: “Hou ‘die vreesinboesemende dag’ goed in gedagte!” ’n Skets sal voorsien word. In gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week gehou word. Die spesiale toespraak moenie voor 14 April 2002 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Die klubintekeningreëling sal van nou af nie meer in werking wees nie, maar ons sal alle bestaande klubintekeninge nog uitstuur totdat hulle verval. Posintekeninge is nog beskikbaar, maar net vir mense in afgeleë gebiede wat nie met ’n gemeente in aanraking is nie.
◼ Die Wagtoring in Zulu sal vanaf die nommer van 1 April 2002 in groot druk beskikbaar wees as ’n halfmaandelikse uitgawe. Gemeentes moet hulle aanvraag op ’n “Gemeentelike tydskrifaanvraag”-strokie (M-202) instuur.
Ons spesiale Tydskrifdag sal op 2 Maart 2002 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede van die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Ons wil almal aanmoedig om nou al te begin beplan sodat julle vanjaar ’n volle deelname daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifaanvrae so gou moontlik instuur.