Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! As iemand tydens ’n herbesoek belangstelling toon, kan hy op ’n tydskrifroete geplaas word. Bied die Vereis-brosjure aan met die doel om Bybelstudies te begin. Junie: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wanneer huisbewoners reeds hierdie publikasies het, kan jy ’n gepaste brosjure aanbied wat die gemeente in voorraad het. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Waar dit gepas is, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? en ’n Boek vir alle mense.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die presiderende opsiener moet die Lektuurafdeling by Bethel bel as hy nog nie die gemeente se voorraad van Ons Koninkryksbediening vir die volgende maand teen die 20ste van die maand ontvang het nie.
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Hou jou oog eenvoudig (Drama, een kasset)—Portugees
◼ Nuwe braille-publikasies beskikbaar:
Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool (vier dele)—Graadtwee-Engels