Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan wanneer iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan ’n ouer publikasie aangebied word. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk. Gemeentes wat Die mensdom se soeke na God in voorraad het, kan dit ook aanbied.
◼ Een van die byvoegsels tot hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening is die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 2003”, en dit moet gehou word sodat daar gedurende 2003 deurgaans daarna verwys kan word.
◼ As julle gemeente se vergaderingtye op 1 Januarie gaan verander, moet die gemeentelike sekretaris die takkantoor van die veranderinge in kennis stel deur ’n Congregation Meeting Information-vorm (S-5) in te stuur. Indien nodig kan ’n nuwe voorraad strooibiljette bestel word deur ’n Handbill Request-vorm (S-16) in te stuur. Strooibiljette moet aangevra word ten minste agt weke voordat julle dit gaan nodig hê.
◼ Die takkantoor stuur dikwels pos vir kringopsieners aan die presiderende opsiener van ’n gemeente wat daardie week deur die kringopsiener besoek word of wat binnekort besoek gaan word. Hierdie pos is vertroulik. Reisende opsieners sê dat hulle soms pos ontvang wat per ongeluk oopgemaak is. Om dit te voorkom, moet presiderende opsieners eers seker maak aan wie alle briewe wat hulle ontvang, geadresseer is voordat hulle dit oopmaak. Hulle moet veral hiervan bewus wees wanneer die gemeente binnekort deur die kringopsiener besoek gaan word. Enige pos vir die kringopsiener moet onmiddellik en persoonlik aan hom gegee word, sonder dat dit oopgemaak is.
◼ Gemeentes moet die 2003-jaarteks saam met hulle lektuur vir Oktober begin aanvra. Let asseblief op die volgende verandering: Jaartekste moet aangevra word op die Order Form for 2003 Yeartext wat aan julle gemeente gestuur is. Hierdie item sal slegs gestuur word wanneer ons die betaling van R22,00 per jaarteks van julle gemeente af ontvang het. Die jaarteks sal in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Gemeentes mag slegs een jaarteks per taal aanvra. Ons stel voor dat gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2003 vertoon.
◼ Let asseblief daarop dat ons faksnommers van 1 Oktober 2002 af soos volg gaan verander:
Lektuur (011-761-1207)
Diensafdeling (011-761-1433)
Let asseblief daarop dat ’n faks net in ’n noodgeval gestuur moet word. Ons spoor almal aan om nog steeds hulle lektuuraanvrae, gemeentelike verslae en navrae per pos in te stuur.
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Respekteer Jehovah se gesag—op videokasset—Amerikaanse Gebaretaal, Engels