Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/03 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 3/03 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Vestig die aandag op die Kennis-boek en wend ’n poging aan om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Vestig die aandag op individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! Verkondigers moet vir die huisbewoners sê dat hulle tot die wêreldwye werk kan bydra as hulle wil. Wanneer herbesoeke by belangstellendes gedoen word, moet die boek Aanbid die enigste ware God aangebied word. Wend ’n spesiale poging aan om ’n tuisbybelstudie te begin, veral as iemand reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het. Junie: Bied die Kennis-boek of die Vereis-brosjure aan. As huisbewoners reeds hierdie publikasies het, kan ’n ander gepaste brosjure gebruik word wat die gemeente in voorraad het.

◼ Verkondigers wat in April as hulppioniers wil dien, moet nou reeds hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en genoeg tydskrifte en ander lektuur in voorraad te hê. Die name van almal wat goedgekeur is om hulppionierdiens te doen, moet elke maand in die gemeente aangekondig word.

◼ Die takkantoor stuur nie lektuur aan individuele verkondigers wat lektuur aanvra nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuuraanvraag na die takkantoor gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.

◼ Ons is bly om julle mee te deel dat die ontoegekendegebied-kampanje vir die maande van Augustus tot Oktober 2002 ’n groot sukses was. Altesaam 8 000 verkondigers van 399 gemeentes het 75 843 uur daaraan bestee en het 45 010 tydskrifte, 3 951 boeke en 29 205 brosjures en boekies versprei. Hulle het 7 387 herbesoeke gedoen en 1 734 Bybelstudies gehou. Baie het opwindende ondervindinge geniet, en almal sien met afwagting uit na die 2003-kampanje. Ons bedank almal vir hulle selfopofferende gees.

◼ Vanaf die nommer van 1 April 2003 sal ’n grootdrukuitgawe van Die Wagtoring in Cibemba beskikbaar wees.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Kom nader aan Jehovah—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Hebreeus, Hongaars, Italiaans, Japannees, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Shona, Spaans, Suid-Sotho, Swahili, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (Gewone uitgawe)—Zulu

The Road To Everlasting Life—Have You Found It?— Chichewa, Engels, Frans, Herero, Kwangali, Kwanyama, Ndonga, Portugees, Sepedi, Shona, Spaans, Suid-Sotho, Swahili, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

Aanbid die enigste ware God—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Hebreeus, Hindi, Hongaars, Italiaans, Japannees, Kwangali, Kwanyama, Ndonga, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Shona, Spaans, Suid-Sotho, Swahili, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel