Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/03 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 9/03 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan as iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan Aanbid die enigste ware God of ’n ouer publikasie aangebied word. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Andersins kan My boek met Bybelverhale of Die Bybel—God se woord of die mens s’n? gebruik word. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe kan aangebied word as die gemeente dit in voorraad het.

◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.

◼ Die Bethelhuis en -drukkery sal op Saterdag 18 Oktober 2003 vir skoonmaakwerk gesluit wees. Op daardie dag sal daar geen reëlings wees vir gemeentes om lektuur af te haal nie.

◼ Gemeentes moet die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2004, Ondersoek die Skrif elke dag—2004 en die 2004 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die 2004-kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Cibemba, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Shona, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Die jaarboeke sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Spaans, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu. Ondersoek die Skrif elke dag—2004 sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Kwanyama, Pools, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Tumbuka, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie items beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is spesiaal aangevraagde items, wat beteken dat gemeentes dit slegs moet aanvra as verkondigers spesifiek daarvoor gevra het. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)

◼ LET WEL: Die volgende streekbyeenkomste het verander:

12-14 Desember:

Oos-Londen (Engels) nuwe byeenkoms

19-21 Desember:

Port Elizabeth (Afrikaans/Engels) tweetalige program

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Kom nader aan Jehovah—groot druk—Chichewa, Engels, Portugees, Shona, Zulu

Kennis wat tot die ewige lewe lei—groot druk—Engels, Portugees

Aanbid die enigste ware God—groot druk—Engels, Portugees, Shona

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel