Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan Aanbid die enigste ware God of ’n ouer publikasie aangebied word. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Andersins kan My boek met Bybelverhale of Die Bybel—God se woord of die mens s’n? gebruik word. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe kan aangebied word as die gemeente dit in voorraad het. Januarie: Enige boek wat voor 1988 uitgegee is, wat die gemeente dalk in voorraad het. As julle dit nie in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan Die mensdom se soeke na God of Die geheim van gesinsgeluk aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die presiderende opsiener moet die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91) asook enige interessante ondervindinge voor 19 November 2003 na die takkantoor stuur. Maak asseblief seker dat die regte posgeld vir die groter koevert betaal word.
◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2003 saam met hulle volgende lektuuraanvraag begin aanvra. Die bundels sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Koreaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Roemeens, Russies en Spaans. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.
◼ Die sekretaris moet toesien dat die jaarlikse bydrae tot die Koninkryksaal-bystandsreëling stiptelik betaal word ná ontvangs van die rekening aan die begin van die jaar. ’n Koninkryksaal se dak het afgewaai, en die gemeente was spyt dat hulle die afgelope vyf jaar nie hulle jaarlikse bydrae betaal het nie. As die gemeente nie in staat is om die volle bedrag as een bydrae te betaal nie, moet die gemeente herinner word aan hulle verantwoordelikheid en ’n resolusie aangeneem word om elke maand ’n vasgestelde bedrag te betaal sodat die uitstaande bedrag teen die einde van die jaar vereffen kan word.
◼ Gemeentes wat dit nog nie gedoen het nie, moet die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en “Identity”-kaarte saam met hulle lektuuraanvraag vir Desember aanvra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Moenie hierdie kaarte uitdeel nie. Hou dit totdat julle verdere instruksies in Ons Koninkryksbediening ontvang.
◼ Gemeentes wat videotoerusting tot hulle beskikking het, moet verseker dat ten minste een eksemplaar van die video Meeting Patients Needs and Rights (vcnr-E) beskikbaar is ter voorbereiding van ’n deel op die Diensvergadering in Januarie.
◼ LET WEL: Die datum vir die volgende streekbyeenkoms het verander:
3, 4 Januarie 2004:
Katima Mulilo (Engels/Silozi)
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Die grootste mens wat nog geleef het—Ndonga