Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/04 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 6/04 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Junie: Leer by die Groot Onderwyser. As mense sê dat hulle nie kinders het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Wanneer die brosjure gebruik word, moet ’n spesiale poging aangewend word om tuisbybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding en Hoe kan bloed jou lewe red? September: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Andersins kan Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aangebied word.

◼ Om die veiligheid van die Koninkryksaal te verseker, moet die laaste persoon wat die gebou verlaat, die deur sluit en enige ander sekuriteitsapparate aanskakel. As daardie persoon nie weet hoe om dit te doen nie, moet hy iemand laat kom wat dit wel kan doen en wag totdat daardie persoon opdaag voordat hy gaan. Die ouer manne moet sorg dat die lys van verantwoordelike verkondigers wat sleutels vir die Koninkryksaal het, altyd op datum is.

◼ ’n Bespreking van die video Respect Jehovah’s Authority sal uiteengesit word in Ons Koninkryksbediening vir September. Gemeentes wat nie hierdie video het nie, moet dit aanvra met hulle volgende lektuuraanvraag.

◼ Nuwe oudiokasset beskikbaar:

Leer by die Groot Onderwyser—Engels

◼ Nuwe publikasie beskikbaar:

Watch Tower Publications Index 1992-2002—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel