Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/04 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou aan om by Die Wagtoring en Ontwaak! baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur intekeninge tydens herbesoeke aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Lê julle nog meer daarop toe
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Loof Jah deur intekeninge te verkry
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 7/04 bl. 3

Vraebus

◼ Hoe moet persoonlike eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! verkry word?

Aangesien die intekeningreëling vir gedrukte en oudiokassetuitgawes van Die Wagtoring en Ontwaak! in alle tale ’n tyd gelede beëindig is, moet alle verkondigers hulle tydskrifte en oudiokassette deur die plaaslike gemeente verkry. Die uitsondering sal brailletydskrifte en oudiokassette wees, wat gratis gepos word aan diegene wat kwalifiseer. Let asseblief daarop dat gemeentes tydskrifte op oudiokassette kan aanvra op ’n Gemeentelike aanvrae-vorm (M-202). Uitgawes in vreemde tale en in groot druk moet ook op hierdie vorm aangevra word.

As iemand in julle gebied die tydskrifte gereeld wil ontvang, moet julle asseblief seker maak dat julle dit stiptelik aflewer sodat nie een nommer oorgeslaan word nie. Uitgesette persone kan tydskrifte of ander lektuur vir hulle persoonlike gebruik by die tydskrif- en lektuurtoonbank in die Koninkryksaal kry. Uitgesette persone moet nie by ’n persoonlike tydskrifroete ingesluit word nie.

Die enigste intekeninge wat die takkantoor op lêer sal hou, is dié wat nie deur ’n gemeentelike verkondiger as deel van sy tydskrifroete behartig kan word nie. As die Gemeentelike Dienskomitee intekeninge aanvra vir iemand wat dit nie andersins kan kry nie, moet die sekretaris ’n kort nota insluit om te bevestig dat hierdie intekeninge deur die Gemeentelike Dienskomitee hersien en goedgekeur is.

Dit beteken dat verkondigers nie na die takkantoor moet skryf om persoonlike intekeninge aan te vra nie. Enige intekeninge wat deur verkondigers of belangstellendes aangevra word, sal na die gemeente terugverwys word.

◼ Hoe kan ’n gevangene persoonlike eksemplare van die tydskrifte verkry?

As die gemeente wat na die predikingswerk in ’n gevangenis omsien, die tydskrifte aan gevangenes kan voorsien, moet hy sy persoonlike eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! by die verkondigers kry wat hom besoek. Wanneer dit nie moontlik is nie, kan die gevangene self na die takkantoor skryf en intekeninge aanvra. Let asseblief daarop dat gevangenes wat uit die gemeente gesit is, ook hulle persoonlike eksemplare van die tydskrifte kan verkry op die manier wat in hierdie paragraaf uiteengesit word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel