Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/04 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 9/04 bl. 3

Aankondigings

◼ September: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Andersins kan Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aangebied word. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, moet die Vereis-brosjure aangebied en ’n spesiale poging aangewend word om ’n Bybelstudie te begin. November: Leer by die Groot Onderwyser of Wat vereis God van ons? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.

◼ Die video No Blood—Medicine Meets the Challenge sal in Januarie 2005 by ’n Diensvergadering bespreek word. Die No Blood-videokasset is beskikbaar in Engels en Portugees. Indien nodig, moet die videokasset so gou moontlik deur die gemeente aangevra word.

◼ Die Annual Congregation Property Documents Review Work Sheet (T-33) moet elke September ingevul word deur die sekretaris van die gemeente wat die titelhouer van die Koninkryksaaleiendom is. Elke gemeente wat van die eiendom gebruik maak, moet so gou moontlik ’n afskrif van die ingevulde werkstaat ontvang. As iets reggestel moet word, moet die ouer manne daarna omsien om die belange van die gemeente te beskerm. Wanneer die kringopsiener die gemeente besoek, sal hy die gemeente se eiendomsdokumente en die Safety Inspection Work Sheet (T-34) hersien.

◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 van Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat besoek moet word.

◼ Die Bethelhuis en drukkery sal op Saterdag 9 Oktober 2004 vir skoonmaakwerk gesluit wees. Op daardie dag sal daar geen reëlings wees vir gemeentes om lektuur af te haal nie.

◼ Gemeentes moet die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2005, Ondersoek die Skrif elke dag—2005 en die 2005 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die 2005-kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Cibemba, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Shona, Suid-Sotho, Tumbuka, Xhosa en Zulu. Die 2005 Yearbook sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Shona, Spaans, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu. Ondersoek die Skrif elke dag—2005 sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Kwanyama, Pools, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Tumbuka, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie items beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is spesiaal aangevraagde items, wat beteken dat die gemeente dit slegs moet aanvra wanneer daar spesifieke versoeke deur individue is. (Sien Wagtoringgids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)

◼ Let asseblief daarop dat daar vanjaar geen Pionierdiensskool gehou sal word nie weens die Skool vir Reisende Opsieners wat by Bethel gehou word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel