Gedenkmaalherinneringe
Die Gedenkmaalviering val vanjaar op Donderdag 24 Maart. Die ouer manne moet aan die volgende sake aandag skenk:
◼ Wanneer die tyd vir die vergadering gereël word, moet daar seker gemaak word dat die embleme eers ná sononder omgestuur sal word.
◼ Almal, met inbegrip van die spreker, moet in kennis gestel word van presies hoe laat en waar die viering gehou sal word.
◼ Die gepaste soort brood en wyn moet verkry en reggesit word.—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 2003, bladsye 14-15.
◼ Borde, glase en ’n geskikte tafel en tafeldoek moet vooraf na die saal gebring en reggesit word.
◼ Die Koninkryksaal of ander vergaderplek moet voor die tyd deeglik skoongemaak word.
◼ Saalwagters en bedieners moet vooraf gekies en oor hulle pligte en die regte prosedure ingelig word, asook oor die belangrikheid van waardige kleredrag en persoonsversorging.
◼ Reëlings moet getref word om die embleme te bedien aan enige van die gesalfdes wat siek is en nie teenwoordig kan wees nie.
◼ Wanneer meer as een gemeente dieselfde Koninkryksaal gaan gebruik, moet daar goeie samewerking tussen gemeentes wees om ’n onnodige samehoping by die ingang, op die sypaadjies en in die parkeerterrein te vermy.