Aankondigings
◼ Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Leer by die Groot Onderwyser. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers hersien. As enigeen van hulle dit moeilik vind om aan die uurvereiste te voldoen, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die jaarlikse S-201-briewe vir wenke.
◼ “Waarom het Jesus gely en gesterf?” sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2005-Gedenkmaalseisoen wees. Sien die aankondiging wat hiermee verband hou in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2004.
◼ Almal moet teenwoordig wees vir die Openbare Vergadering op Sondag 20 Maart vir ’n spesiale aankondiging in verband met ’n voorsiening wat aan verkondigers beskikbaar gestel sal word.
◼ Die takkantoor stuur nie lektuur aan individuele verkondigers wat dit aanvra nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voordat die gemeente se lektuuraanvraag na die takkantoor gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Gee ag op Daniël se profesie! (Groot druk)—Engels, Portugees en basiese Chinees (Pinjin)
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (groot uitgawe)—basiese Chinees (Pinjin)
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Sing lofliedere voor Jehovah—op videokasset, Deel 3—Amerikaanse gebaretaal
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Sing lofliedere voor Jehovah—op DVD, Deel 3—Amerikaanse gebaretaal