Aankondigings
◼ Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Hou aan waak! Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding, Hoe kan bloed jou lewe red?, Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? en ‘Sien die goeie land’.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. As julle ’n afsonderlike tjekrekening het, byvoorbeeld vir instandhouding of bouwerk, moet julle reëlings tref om hierdie rekening ook te ouditeer. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ LET WEL: Wanneer jy die takkantoor skakel, moet jy asseblief die volgende in gedagte hou: (1) Skakel lede van die Bethelgesin asseblief ná werksure vir persoonlike sake, tensy dit ’n noodgeval is. (2) Wanneer jy oor ’n probleem of ’n vraag skakel, moet jy asseblief duidelik sê waarvandaan jy skakel en wat jy wil bespreek. Ons wil ouer manne afraai om te vra om met ’n sekere broer by name te praat, aangesien hy dalk ’n toewysing in ’n ander afdeling gekry het of miskien nie beskikbaar is om te help nie. Die skakelbordoperateur sal jou na die regte afdeling kan deurskakel. Probeer jou oproepe asseblief so kort moontlik hou om kosbare tyd te spaar. (3) As jy ’n persoonlike probleem wil bespreek, moet jy dit asseblief eers met die plaaslike ouer manne bespreek voordat jy die takkantoor skakel. Hulle is in die beste posisie om jou met vrae of probleme te help. Ons spoor ALMAL aan, met inbegrip van die ouer manne, om eerder ’n brief te skryf waarin die probleem uiteengesit word, tensy dit ’n dringende saak is. Ons sal met graagte onmiddellik aan die saak aandag gee.—Sien Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1992, bladsy 5.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Elementary Bible Teachings—Kwangali
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Hulle het deeglik van die goeie nuus getuig—Amerikaanse gebaretaal