Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.
◼ Gemeentes moet die 2007-jaarteks saam met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra. Stuur versoeke asseblief onmiddellik in, aangesien geen spesiale versendingsreëlings vir laat versoeke gemaak sal word nie. Die jaarteks sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels, Kwangali, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Gemeentes mag slegs een jaarteks per taal aanvra. Gemeentes moet die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2007 vertoon.
◼ Ons wil verkondigers graag daaraan herinner dat braille-publikasies baie duur is om te vervaardig—groot items kos ’n paar duisend rand. Wanneer die gemeentelike sekretaris die Literature Request-vorm (S-14) goedkeur, moet hy seker maak dat hierdie items vir verkondigers of progressiewe Bybelstudies aangevra word.
◼ Lektuurknegte moet kennis neem dat ’n voorraad Literature Request-vorms (S-14) vir die nuwe diensjaar aan gemeentes gestuur sal word. Dit is dus onnodig om dit aan te vra, tensy julle voorraad opraak.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Belangrike aankondigings in verband met prosedures en lektuuraanvrae verskyn dikwels in Ons Koninkryksbediening. Lektuurknegte moet vertroud raak met die instruksies in die aankondigings sodra hulle hulle eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang sodat hulle dit stiptelik kan uitvoer.
◼ Lektuurnavrae moet skriftelik per pos, faks (011) 761-1380 of e-pos (literature@jw.org.za) na die takkantoor gestuur word. Vir dringende navrae, soos verlore besendings, kan die Lektuurafdeling per telefoon by (011) 761-1000 geskakel word.
◼ Die takkantoor ontvang soms versoeke om lektuurspoedbesendings. Moet asseblief nie ’n versoek om ’n spoedbesending instuur nie tensy ’n verkeerde besending uitgestuur is. Daar word lank vooruit aangekondig watter items nodig is vir lektuuraanbiedings en spesiale kampanjes, watter materiaal by vergaderinge gestudeer gaan word en watter vorms aangevra moet word. Met goeie beplanning kan die meeste versoeke om spoedbesendings vermy word. Gewone lektuuraanvrae moet elke maand stiptelik ingestuur word, selfs as dit net vir ’n paar items is.
◼ Moet asseblief nie Literature Request-vorms (S-14) na die takkantoor faks nie, want dit is moeilik om die vorms te lees. Die S-14’s moet verkieslik deur middel van die depotreëling of per pos ingestuur word. Lektuurknegte moet die afleweringskedule noukeurig nagaan om seker te maak dat hulle S-14 betyds by die depot is.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!—Groot druk (800 bladsye)—Engels, Frans, Portugees, Zulu
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Hou aan waak!—Amerikaanse Gebaretaal
Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?—Amerikaanse Gebaretaal