Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/07 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 11/07 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Hou aan waak!-brosjure. Indien julle nie hierdie brosjure in voorraad het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Februarie: Die geheim van gesinsgeluk.

◼ Aangesien Desember vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ Alle verkondigers wat dit nog nie gedoen het nie, word aangespoor om ’n “durable power of attorney”- (DPA) kaart in te vul. Hierdie DPA-kaart beskerm jou reg om bloedoortappings te weier. Waar nodig, sal ouer manne persoonlike hulp gee.—Sien byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007.

◼ Verkondigers hoef nie meer ’n Studierapport (S-3) in te gee vir elke tuisbybelstudie wat gedurende die maand gehou is nie. Maar hulle moet nog steeds in die gepaste kolom op die Velddiensrapport (S-4) aandui hoeveel verskillende Bybelstudies hulle gehou het. Die S-3-vorm sal van nou af net gebruik word om die bywoning van gemeentelike vergaderinge aan te teken.

◼ Die presiderende opsiener moet die voltooide Unassigned Territory Assignment-verslag (S-63), die gebiedskaart en enige interessante ondervindinge voor 17 November 2007 na die takkantoor stuur. Maak seker dat die regte posgeld vir die groot koevert betaal word.

◼ Belangrike aankondigings in verband met prosedures en lektuuraanvrae verskyn dikwels in Ons Koninkryksbediening. Lektuurknegte moet vertroud raak met die instruksies in die aankondigings sodra hulle hulle eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang sodat hulle dit stiptelik kan uitvoer.

◼ Ons wil verkondigers graag daaraan herinner dat braille-publikasies baie duur is om te vervaardig. Groot items kan ’n paar duisend rand kos. Dit is ons voorreg om bydraes vir hierdie items te gee. Wanneer die gemeentelike sekretaris die Literature Request-vorm (S-14) goedkeur, moet hy seker maak dat hierdie items vir verkondigers of progressiewe Bybelstudies aangevra word. Hy moet duidelik op die S-14 aandui dat hy die aanvraag sorgvuldig oorweeg en goedgekeur het. Diegene wat intekeninge op Die Wagtoring of Ontwaak! in braille ontvang, moet ook die koste daarvan in gedagte hou.

◼ Gemeentes kan die hersiene weergawe van Kingdom Melodies—On Compact Disc, Volume 5 (cdm-5) begin aanvra.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? (pr)—Kwanyama

◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:

Wat vereis God van ons? (cdrq) Afrikaans, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu

◼ Nuwe kompakskywe in MP3-formaat beskikbaar:

Bybeldramas (mpdrm)—Engels

Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (mpbi12)—Portugees

◼ Nuwe veeltalige DVD’s beskikbaar:

Organized to Share Good News and Whole Association of Brothers (dvjwa)—Arabies, Engels, Malgassies, Nederlands, Portugees (Brasiliaans), Portugees (Europees), Spaans (Op een DVD)

To the Ends of the Earth and United by Divine Teaching (dvedt)—Arabies, Engels, Nederlands, Portugees (Brasiliaans), Portugees (Europees), Spaans (Op een DVD)

Young People Ask—How Can I Make Real Friends? (dvfe)—Arabies, Engels, Malgassies, Nederlands, Portugees (Brasiliaans), Portugees (Europees), Spaans (Op een DVD)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel