Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Aanbid die enigste ware God. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Vanaf die eerste week in Maart sal kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema: “Verwerp wêreldse fantasieë, streef Koninkrykswerklikhede na.”
◼ Gemeentes moet gepaste reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Donderdag 9 April, ná sononder, te hou. Elke gemeente moet probeer om hulle eie Gedenkmaal te hou. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes daardie aand miskien ander fasiliteite gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme is sodat almal ten volle by omgang ná die Gedenkmaal kan baat vind.
◼ Al die verkondigers wat nog nie ’n “durable power of attorney”- (DPA) kaart ingevul het nie, word aangespoor om dit te doen. Hierdie DPA-kaart beskerm jou reg om bloedoortappings te weier. Ouer manne sal persoonlike hulp verleen waar nodig.—Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007.