Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/09 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 3/09 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Nuwe nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! moet beskikbaar gestel word sodra dit ontvang word. Dit sal verkondigers in staat stel om vertroud te raak met die inhoud voordat hulle die tydskrifte in die veldbediening aanbied.

◼ Die koördineerder van die liggaam van ouer manne of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge vir Desember, Januarie en Februarie ouditeer. Dieselfde persoon moenie gebruik word om opeenvolgende oudits te doen nie. As daar ’n afsonderlike bankrekening is vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks, moet dit ook geouditeer word. Gemeentes in Suid-Afrika moet die geouditeerde rekeninge vir hierdie drie maande sonder versuim na die takkantoor stuur. Die sekretaris en rekeningkneg moet seker maak dat die rekeninge volledig en in orde is en dat die volgende inligting voorsien is: Boekhouvorm (S-26), Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30), Receipts (S-24), strokies vir uitbetalings en ’n bankstaat vir elke maand (as die gemeente ’n bankrekening het). Merk dit duidelik vir die aandag van die Accounting Office—PBO Registration.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel