Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kán God se vriend wees! en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Aangesien Augustus vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Wanneer persoonlike reisplanne ’n besoek aan ’n land insluit wat nie afsonderlik op die nuutste diensjaarrapport verskyn nie en waarvan die adres nie op die laaste bladsy van die jongste Jaarboek verskyn nie, moet jy asseblief met jou takkantoor in verbinding tree om vas te stel watter voorsorgmaatreëls of spesiale instruksies gevolg moet word. Daar is dalk sekere beperkings op die Koninkrykswerk in daardie gebied (Matt. 10:16). Dit is in party lande dalk nie raadsaam vir besoekers om met die plaaslike Getuies of gemeentes in verbinding te tree nie. Ander riglyne sal dalk voorsien word wat informele getuieniswerk en die saamneem van lektuur betref. Jou samewerking met die riglyne wat voorsien is, sal onnodige probleme vir jou en vir die Koninkrykswerk voorkom.—1 Kor. 14:33, 40.