Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/09 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 10/09 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan waar belangstelling getoon word, en bespreek dit. Indien huisbewoners reeds die traktaat het, kan ’n poging aangewend word om ’n Bybelstudie te begin. November: Wat leer die Bybel werklik? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Die jaarlikse rooster vir die Teokratiese Bedieningskool sal nie meer as ’n byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening voorsien word nie. In plaas daarvan sal elke gemeente die jaarlikse rooster ontvang, en een eksemplaar van die rooster moet op die Koninkryksaal se kennisgewingbord geplaas word. Die skoolopsiener sal ook ’n eksemplaar ontvang, wat hy kan gebruik om toewysings te doen. Verkondigers sal nog steeds elke maand hulle persoonlike eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang, waarin die rooster vir die weeklikse Gemeentelike Bybelstudie, die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering sal verskyn.

◼ Van die week van 1 Maart 2010 af sal die boek “Kom word my volgeling” tydens die Gemeentelike Bybelstudie bespreek word. Gemeentes wat voorraad van hierdie boek nodig het, moet dit met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra.

◼ Ons spesiale Tydskrifdag val op 17 April 2010. Ons moedig almal aan om nou al te begin beplan om volgende jaar ’n volle aandeel daaraan te hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel