Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Wat leer die Bybel werklik? of enige van die volgende traktate: Kan die dooies werklik weer lewe?, Hoe beskou jy die Bybel?, Hoe beskou jy die toekoms?, Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?, Wat is die Koninkryk van God?, Wie is werklik in beheer van die wêreld? en Sal lyding ooit tot ’n einde kom? Januarie en Februarie 2016: Goeie nuus wat van God kom! of Luister na God en lewe vir ewig. Maart en April: Die Wagtoring en die Ontwaak!
◼ Die Gedenkmaal vir 2017 sal op Dinsdag 11 April 2017 gehou word.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat die tweede klas van die Skool vir Koninkrykspredikers op Sondag 26 Julie 2015 gegradueer het. Tot dusver het 48 studente aan hierdie skool gegradueer, insluitende 4 ongetroude susters wat in die tweede klas was. Vier-en-twintig van die 48 gegradueerdes dien tans as spesiale pioniers, 20 as tydelike spesiale pioniers, 2 as gewone pioniers en 2 as lede van die Bethelgesin. Ons sien uit daarna dat nog baie broers en susters hierdie skool bywoon, wat goddelike onderrigting voorsien.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat die volgende ses nuwe Koninkryksale toegewy is: Oos-Kaap: Flagstaff. Gauteng: Jabavu. Mpumalanga: Mangweni en Masibekela. Swaziland: Big Bend en Phuzumoya.