30 Oktober–5 November
JOËL 1-3
Lied 143 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Julle seuns en julle dogters sal beslis profeteer”: (10 min.)
[Speel die video Inleiding tot Joël.]
Jl 2:28, 29—Gesalfde Christene sou as woordvoerders van die Allerhoogste dien (w02 8/1 15 ¶4-5; jd 167 ¶4)
Jl 2:30-32—Slegs die mense wat die naam van Jehovah aanroep, sal gedurende sy vreesinboesemende dag gered word (w07 10/1 13 ¶2)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Jl 2:12, 13—Wat leer hierdie verse ons oor opregte berou? (w07 10/1 13 ¶5)
Jl 3:14—Wat is “die laagvlakte van die beslissing”? (w07 10/1 13 ¶3)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Jl 2:28–3:8
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste besoek: (2 min. of minder) JW.ORG-kontakkaartjie
Herbesoek: (4 min. of minder) JW.ORG-kontakkaartjie—Die kaartjie is tydens die vorige besoek geplaas. Sit die gesprek voort en sluit af met ’n video op jw.org. Moenie die video speel nie.
Bybelstudie: (6 min. of minder) lv 196-197 ¶3-5
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Jehovah help ons om te volhard ondanks beproewinge: (9 min.) Speel die video Jehovah is vir my ’n sterk toring. Vra dan die gehoor: Watter beproewinge het die Henschel-gesin ondervind? Watter impak kan die geloof en lojaliteit van ouers op hulle kinders hê? Hoe kan Jehovah jou versterk net soos hy broer Henschel versterk het?
Word Jehovah se vriend—Jehovah se naam: (6 min.) Speel die video Word Jehovah se vriend—Jehovah se naam. Nooi dan ’n paar kinders na die verhoog en vra hulle: Wat beteken Jehovah se naam? Wat het Jehovah gemaak? Hoe kan Jehovah jou help?
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) kr hfst. 20 ¶17-19; vensters “Dit het sy lewe gevorm”, “Vrywilligers regoor die wêreld verleen noodleniging”; hersieningsvenster “Hoe werklik is die Koninkryk vir jou?”
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 72 en gebed