Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Junie bl. 7
  • Wees wys in jou keuse van vermaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees wys in jou keuse van vermaak
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Kies vermaak wat Jehovah gelukkig maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Hoe om vermaak te kies
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe om heilsame vermaak te kies
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Jy kan heilsame vermaak vind
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Junie bl. 7

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wees wys in jou keuse van vermaak

Hoekom moet ons wyse besluite neem wanneer ons vermaak kies? Waarmee vul ons ons verstand wanneer ons ’n fliek kies om na te kyk, ’n liedjie om na te luister, ’n webwerf om te besoek, ’n boek om te lees of ’n videospeletjie om te speel? Ons keuses beïnvloed ons gedrag. Ongelukkig bevat baie van vandag se vermaak dinge wat Jehovah veroordeel (Ps 11:5; Ga 5:19-21). Daarom spoor die Bybel ons aan om voort te gaan om dinge te bedink wat Jehovah eer. – Flp 4:8.

KYK NA DIE VIDEO WATTER SOORT VERMAAK MOET EK KIES?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Romeinse gladiatorspel

    Hoe is die Romeinse gladiatorspele van die ou tyd baie dieselfde as party van die soorte vermaak wat ons vandag kry?

  • ’n Pionierbroer doen velddiens saam met ’n jonger broer in die gemeente

    Hoe kan broers en susters in die gemeente jongmense help om goeie besluite te neem wanneer hulle vermaak kies?

  • ’n Soldaat

    Hoe moet Romeine 12:9 ons keuse van vermaak beïnvloed?

  • Jong Getuies speel sokker

    Wat is ’n paar voorbeelde van opbouende vermaak daar waar julle woon?

AKTIEWE OF PASSIEWE VERMAAK?

Baie van die vermaak wat deesdae gewild is, leer mense om passief eerder as aktief te wees. Flieks, boeke en televisieprogramme is iemand anders se kreatiewe idees, en nie jou eie nie. Hoewel passiewe vermaak sy plek het, het baie gevind dat dit vir hulle meer voordele inhou wanneer hulle aan aktiewe vermaak deelneem. Party hou byvoorbeeld daarvan om ’n musiekinstrument te speel of iets te teken. Ander hou daarvan om iets in die buitelug te doen, soos om aan sport deel te neem, te stap of te kampeer. Watter soort vermaak ons ook al kies, laat ons “alles tot heerlikheid van God” doen. – 1Kor 10:31.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel