Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Januarie bl. 5
  • Beskerm julle huwelik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beskerm julle huwelik
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om ’n sukses van ’n Christenhuwelik te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Wanneer die huwelik dreig om te verbrokkel
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Ná die troudag
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Put vreugde uit die gawe van die huwelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Januarie bl. 5
’n Man sit langs sy vrou op die grond en help haar met graagte om wasgoed te doen.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Beskerm julle huwelik

Huweliksgeloftes is vir Jehovah ’n baie ernstige saak. Hy het gesê dat ’n man en ’n vrou mekaar moet aankleef (Mt 19:5, 6). Daar is baie goeie en gelukkige huwelike onder God se volk. Maar geen huwelik is volmaak nie. Daar sal van tyd tot tyd probleme wees. Ons moenie dieselfde opinie as die wêreld hê wat dink dat ’n paartjie wat probleme het, uitmekaar moet gaan of van mekaar moet skei nie. Hoe kan getroude Christene hulle huwelik beskerm?

Kom ons kyk na vyf belangrike stappe.

  1. Beskerm jou hart deur dinge te verwerp soos onsedelike vermaak en om te flirt, wat net probleme vir julle huwelik kan veroorsaak. – Mt 5:28; 2Pe 2:14.

  2. Versterk jou vriendskap met God en werk die heeltyd hard daaraan om sy hart bly te maak in julle huwelik. – Ps 97:10.

  3. Hou aan om die nuwe persoonlikheid aan te trek, en doen daardie klein dingetjies wat wys dat jy vir jou maat omgee en wat sy of haar lewe net ’n bietjie makliker sal maak. – Kol 3:8-10, 12-14.

  4. Hou aan om respekvol en sinvol met mekaar te kommunikeer. – Kol 4:6.

  5. Kom die huweliksplig met teerheid en liefde na. – 1Kor 7:3, 4; 10:24.

Wanneer Christene hulle huwelik eer, eer hulle Jehovah, die Een wat die huwelik ingestel het.

KYK NA DIE VIDEO ONS MOET “MET VOLHARDING HARDLOOP” – WEES GEHOORSAAM AAN DIE REËLS VAN DIE WEDLOOP, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Ons moet ‘met volharding hardloop’ – Wees gehoorsaam aan die reëls van die wedloop’. Broer en suster Calou glimlag ná hulle troutoespraak by ’n Koninkryksaal.

    Al begin ’n huwelik goed, watter uitdagings kan daar dalk later wees?

  • ’n Toneel uit die video ‘Ons moet ‘met volharding hardloop’ – Wees gehoorsaam aan die reëls van die wedloop’. Broer en suster Calou praat op ’n kalm manier oor hulle uitdagings. ’n Bybel lê oop op die tafel.

    Hoe kan Bybelbeginsels dié help wat voel dat hulle in ’n liefdelose huwelik is?

  • ’n Toneel uit die video ‘Ons moet ‘met volharding hardloop’ – Wees gehoorsaam aan die reëls van die wedloop’. Broer Calou lees vir sy vrou en twee dogters uit ‘My boek met Bybelverhale’.

    Pas Bybelbeginsels toe as julle wil hê dat julle huwelik gelukkig moet wees

    Watter reëls het Jehovah vir die huwelik in plek gestel?

  • Wat moet albei die huweliksmaats doen as hulle wil hê dat hulle huwelik suksesvol moet wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel