Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w22 Desember bl. 14
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah—‘Die Een wat ontkoming verskaf’ het in Bybeltye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Vertrou op God se gees om veranderinge in die lewe te hanteer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • “Leer my om u wil te doen”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Laat ons Jehovah se naam saam verhef
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
w22 Desember bl. 14

Vrae van lesers

Het die psalmis Dawid oordryf of was hy onrealisties toe hy geskryf het dat hy God se naam “vir ewig” sou loof, soos Psalm 61:8 sê?

Koning Dawid sing terwyl hy die harp speel.

Nee. Wat Dawid hier geskryf het, was waar en realisties.

Kyk wat hy in daardie vers en in soortgelyke verse geskryf het: “Ek [sal] vir ewig liedere sing om u naam te loof terwyl ek dag ná dag my geloftes betaal.” “Ek prys u, o Jehovah my God, met my hele hart, en ek sal u naam vir ewig verheerlik.” “Ek sal u naam vir ewig en altyd loof.” – Ps. 61:8; 86:12; 145:1, 2.

Toe Dawid hierdie woorde geskryf het, het hy nie gedink dat hy nooit sou sterf nie. Hy het geweet dat Jehovah gesê het dat mense sou sterf omdat hulle sondig. En Dawid het ook geweet dat hy ’n sondaar is (Gen. 3:3, 17-19; Ps. 51:4, 5). Hy het geweet dat selfs manne wat God se goedkeuring gehad het, soos Abraham, Isak en Jakob, gesterf het. En Dawid het geweet dat hy ook uiteindelik sou sterf (Ps. 37:25; 39:4). Maar sy woorde in Psalm 61:8 het gewys dat dit sy begeerte was en dat hy vasbeslote was om God vir ewig te loof, dit wil sê vir solank as wat Dawid gelewe het. – 2 Sam. 7:12.

Dawid het soms oor sy eie ondervindinge geskryf, soos ons kan sien in die opskrifte van Psalm 18, 51 en 52. In Psalm 23 het Dawid Jehovah beskryf as ’n herder wat ons lei, verkwik en beskerm. Dawid was so ’n herder. En hy wou God ‘al die dae van sy lewe’ dien. – Ps. 23:6.

Onthou dat al die dinge wat Dawid geskryf het deur Jehovah geïnspireer was. Die dinge wat hy geskryf het, het profesieë ingesluit oor dinge wat baie later sou gebeur. Byvoorbeeld, in Psalm 110 het Dawid geskryf oor ’n tyd wanneer sy Here in die hemel “aan [God se] regterhand” sou sit en groot mag sou ontvang. Om wat te doen? Om God se vyande te onderwerp en die nasies op die aarde te “oordeel en [te] straf”. Dawid was ’n voorouer van die Messias, die een wat uit die hemel sou regeer en “vir ewig ’n priester” sou wees (Ps. 110:1-6). Jesus het gesê dat die profesie in Psalm 110 oor hom was en dat dit in die toekoms sou waar word. – Matt. 22:41-45.

Ja, Jehovah het Dawid geïnspireer om oor sy tyd te skryf en oor ’n toekomstige tyd wanneer hy opgewek sou word en Jehovah vir ewig sou kon loof. Dit help ons om te verstaan dat Psalm 37:10, 11, 29 toegepas kan word op die tyd toe dit geskryf was, sowel as op die toekoms. Daardie verse het in die ou tyd in die land Israel waar geword en sal in die toekoms waar word wanneer God sy beloftes vervul. – Sien paragraaf 8 van die artikel “Jy sal saam met my in die Paradys wees” in hierdie nommer.

So Psalm 61:8 en soortgelyke verse wys dat Dawid Jehovah in eertydse Israel tot sy dood toe wou verheerlik. En dit is ’n realistiese beskrywing van wat Dawid in die toekoms sal kan doen wanneer Jehovah hom weer lewend maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel