Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb13 bl. 2-3
  • Jaarteks vir 2013

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jaarteks vir 2013
  • 2013 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Josua 1:9 – “Wees moedig en sterk”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Laat Josua jou help om Jehovah moedig te dien!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • ‘Wees baie sterk en vol moed’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat Josua onthou het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
2013 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb13 bl. 2-3

Jaarteks vir 2013

“Wees moedig en sterk. . . . Jehovah jou God is met jou.”—Josua 1:9

In 1473 VHJ het die Israeliete op die punt gestaan om die Beloofde Land binne te gaan, maar hulle moes magtige vyande trotseer. “Wees moedig en baie sterk”, het God Josua beveel. As Josua getrou sou bly, sou hy suksesvol wees. “Moenie sidder of verskrik wees nie”, is daar vir hom gesê, “want Jehovah jou God is met jou waar jy ook al gaan.” En God was wel met hom, want die Israeliete het hulle vyande binne net ses jaar verslaan.—Jos. 1:7-9.

Ware Christene staan op die punt om die beloofde nuwe wêreld binne te gaan, en daarom moet hulle moedig en sterk wees. Soos Josua kom ons voor magtige vyande te staan wat ons ons onkreukbaarheid wil laat prysgee. Die stryd wat ons voer, word nie met spiese en swaarde gevoer nie, maar met geestelike wapens, en Jehovah lei ons op om dit op vaardige wyse te gebruik. Ongeag voor watter situasie jy te staan kom, wees verseker dat Jehovah met jou sal wees en jou die oorwinning sal laat behaal as jy moedig, sterk en getrou is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel