Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 143
  • Christelike liefde ten tye van natuurrampe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christelike liefde ten tye van natuurrampe
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 143
Geboue in puin ná ’n natuurramp in Indonesië

INDONESIË

Christelike liefde ten tye van natuurrampe

AARDBEWINGS, tsoenami’s en vulkane ontwrig dikwels die lewe in Indonesië. Wanneer daar ’n ramp is, is Jehovah se Getuies gou om diegene te help wat daardeur geraak word, veral hulle geestelike broers. Byvoorbeeld, in 2005 het ’n groot aardbewing Gunungsitoli, die grootste dorp op Niaseiland, in Noord-Soematra, heeltemal vernietig. Gemeentes op die naburige eiland Soematra en die takkantoor het onmiddellik noodlenigingsvoorraad na die rampgebied gestuur. Die plaaslike kringopsiener en ’n takverteenwoordiger het na die eiland gevlieg om die broers aan te moedig en te vertroos. “Mense om ons was vreesbevange”, sê Yuniman Harefa, ’n ouer man op Nias. “Maar die vinnige reaksie van God se organisasie het ons verseker dat ons nie alleen is nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel