Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 8/8 bl. 9-10
  • Iets noodsaaklikers as geld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Iets noodsaaklikers as geld
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die belangrikheid van wysheid
  • Wat is jou prioriteite?
  • Bevredig jou geestelike behoefte
  • Wat is die verstandige beskouing van geld?
    Ontwaak!—2007
  • ’n Gebalanseerde beskouing van geld
    Ontwaak!—2015
  • Is geld die wortel van alle kwaad?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoe om met geld te werk
    Julle gesin kan gelukkig wees
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 8/8 bl. 9-10

Iets noodsaaklikers as geld

“Ons aansporingstelsel is tot op hede feitlik uitsluitlik op geldelike belonings gebou.”—Psychology Today.

NANCY en Howard het groot planne gehad nadat hulle in 1989 getroud is. Hulle wou ’n huis, ’n baba, nuwe motors en ’n eksotiese vakansie hê. Hulle kon dit bekostig. Maar oornag was hulle altwee werkloos. Die geld wat hulle as ’n deposito op ’n huis gespaar het, moes vir huishuur gebruik word.

Omdat hulle senuweeagtig oor die toekoms was, moes hulle al hulle planne uitstel—onder andere dié om met ’n gesin te begin. “Ek dink nie dat ons vyf jaar van nou af sal wees waar ons was nie”, het Nancy gesê. “Dis alles weg, en ek weet nie of ons dit ooit weer sal terugkry nie.”

Dit lig goed toe hoe verwoestend dit kan wees om jou werk te verloor! Maar dit onthul ook die bedrieglike mag van geld. Wat jy vandag het, kan môre weg wees. Soos die Bybel tereg waarsku: “Jou geld kan in ’n oogwink weg wees, asof dit vlerke gekry en soos ’n arend weggevlieg het.”—Spreuke 23:5, Today’s English Version.

Dit is nie so maklik om te aanvaar dat geld iets kortstondigs is nie. Psychology Today sê van die houding wat mense oor die algemeen omtrent geld het: “Geld is die universele maatstaf.” “Ons meet dinge daaraan, dikwels ook onsself.” Om geld te maak, het selfs by die welgesteldes ’n obsessie geword en hulle aan chroniese angs, depressie en ander kwale laat ly.

Die belangrikheid van wysheid

Maar daar is iets noodsaakliker as geld. Die Bybel identifiseer dit in Prediker 7:12: “Want die wysheid is ’n beskutting, geld is ’n beskutting.” Dan voeg dié vers iets omtrent wysheid by wat toon dat dit geld in waarde oortref: “Die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.”

Wysheid sluit die vermoë in om goeie oordeel aan die dag te lê wanneer ons voor uitdagende omstandighede te staan kom. Wanneer ons ons werk verloor het, behoort goeie oordeel ons te laat besef dat die lewe se werklike waarde nie in rande en sente gemeet word nie. Goeie oordeel sal ons ook help om ons prioriteite in die regte orde te hou, oftewel, in perspektief te sien.

Wat is jou prioriteite?

Wat stel jy eerste in jou lewe? Is jou werk meer werd as jou huwelik? Is jou huis meer werd as jou kinders? Is geld meer werd as jou gesondheid? Ons neem elke dag besluite wat op ons aansporingstelsel, ons prioriteite, gebaseer is. Wanneer ons voor finansiële probleme te staan kom, sal hierdie prioriteite ons optrede bepaal. Wat is die spil waarom ons prioriteite draai?

Jesus Christus het gesê: “Gelukkig is diegene wat bewus is van hulle geestelike behoefte” (Mattheüs 5:3, NW). Let op dat Jesus getoon het dat geestelikheid ’n behoefte is, ’n prioriteit, nie net ’n eienskap wat op die agtergrond bly en wat nagestreef word wanneer alle ander dinge in ’n mens se lewe bestendig is nie.

Dit is ’n uitdaging om daardie geestelike behoefte die voorkeur te gee wanneer ’n mens onder druk is om in jou gesin se materiële behoeftes te voorsien. Maar diegene wat dit wel doen, is gelukkig, net soos Jesus gesê het. Hoewel hulle daaroor besorg is om finansieel uit te kom, is hulle betreklik vry van die “tallose kwellings van die gemoed” wat ’n mens ervaar wanneer jy geld eerste stel (1 Timotheüs 6:10, Phillips). Sulke mense vind ook vertroosting in Dawid se woorde wat in Psalm 37:25 opgeteken is: “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.”

Bevredig jou geestelike behoefte

Die mens se geestelike behoefte is aangebore. Hy het meer as voedsel, klere en onderdak nodig. Geestelikheid strek verder en roer vrae aan soos: ‘Waarom is ek hier?’ en, ‘Waar is hierdie wêreld—en my lewe—op pad heen?’

Vrees vir ’n “ekonomiese apokalips” het baie mense bewus gemaak van hulle geestelike behoefte. Newsweek berig: “Verkope van profetiese boeke—boeke wat die huidige gebeure as Bybelse tekens van die einde van die wêreld vertolk—is 50 tot 70 persent hoër as verlede jaar.” Maar om daardie geestelike behoefte te bevredig, moet ’n mens na juiste kennis soek, nie na blote bespiegeling deur mense nie.

Ondersoek gerus God se Woord, die Heilige Bybel. Dit bevat praktiese wysheid wat jou kan help om die vrese van die lewe die hoof te bied. Boonop kan die Bybel jou help om die ware betekenis van die “swaar tye” wat ons tans beleef, te verstaan (2 Timotheüs 3:1). Deur aan die uitgewers van hierdie tydskrif te skryf, kan reëlings vir ’n gratis tuisbybelstudie getref word. Dit is nou, meer as ooit tevore, die tyd om praktiese wysheid vir die hede—en juiste kennis vir die toekoms—uit God se Woord, die Bybel, op te doen.

[Prent op bladsy 9]

Geestelike waardes moet kosbaar geag word

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel