Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 10/22 bl. 26-27
  • ’n Pragtige gesondheidspa

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Pragtige gesondheidspa
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Warmbronne
  • Die bronne genees
  • ’n Toer deur die dorp
  • Goeie gesondheid vir almal
  • ’N Besoek aan Japan se warmbronne
    Ontwaak!—2004
  • In die land van warmbaddens
    Ontwaak!—2008
  • Wat is die oplossing?
    Ontwaak!—1997
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 10/22 bl. 26-27

’n Pragtige gesondheidspa

Deur Ontwaak!-medewerker in Tsjeggo-Slowakye

HONDERDE jare gelede het keiser Karel IV van die sogenaamde Heilige Romeinse Ryk en diegene saam met hom ná ’n vrugtelose jagtog moeg voortgesukkel huis toe. ’n Groot takbok het skielik voor hulle opgespring. Die honde het dit al blaffende agternagejaag en die jagters, wie se moegheid vergete was, het ywerig gevolg. Die takbok het hulle uiteindelik na die rand van ’n steil krans gelei en toe dapper na die vallei benede gespring.

Die jagters en hulle honde het ’n langer en veiliger roete af gevolg en teen die tyd dat hulle by die onderent van die krans gekom het, het die takbok verdwyn. Die jagters het nietemin iets anders gevind—die glinsterende water van ’n warmbron wat uit die grond uit opwel. Karel IV het plegtig verklaar dat hy op daardie plek ’n spa sou bou wat sy naam dra. En volgens oorlewering is dit hoe Karlovy Vary in westelike Boheme, Tsjeggo-Slowakye, ontstaan het.

Warmbronne

Waar kom daardie warmbronne vandaan? Volgens onlangse geologiese navorsing syfer van die reënwater wat op nabygeleë berghange val in die grond in en gaan dit deur ontelbare barste in die graniet. Terwyl die water dieper en dieper in die aarde insink, spoel dit minerale van die rotse weg.

Die water wat nou ryk aan minerale en koolstof is, word uiteindelik op ’n diepte van ongeveer ’n kilometer en ’n half deur warm rotse verhit. Druk van waterdamp en kooldioksied wat selfs dieper in die aarde aangetref word, forseer die mineraalwater opwaarts. By die oppervlak vorm dit die beroemde warmbronne.

Daar is altesaam 12 bronne wat in temperatuur wissel van 41 tot 72 grade Celsius. Elke bron verskil van die ander in sy mineraalinhoud. Daar word dus geglo dat elkeen se geneesvermoë verskil. Daar word geskat dat die water elke dag ongeveer 18 000 kilogram mineraalverbindings na die oppervlak bring.

Die bronne genees

Mense stroom na die bronne in die hoop dat dit allerhande siektes, van sere, galstene, kosallergieë en diabetes tot vetsug en jig sal genees. Daar word gesê dat die bronne al verligting gebring het aan pasiënte wat onlangs ’n maag- of ingewandsoperasie ondergaan het of aan sulke siektes soos aansteeklike hepatitis ly.

Die behandelingsmetodes is ingewikkeld, maar hulle word gegrond op die drink van die water. Drie keer per dag, ongeveer ’n halfuur voor etes, word ’n sluk van die geskikte bronwater geneem. Behandeling kan ook mineraalbaddens, koolsuur- en suurstofbaddens, refleksmasserings, modderbaddens en ander prosedures insluit. ’n Streng dieet en liggaamsoefening kan ook deel wees van die program.

In Tsjeggo-Slowakye kies dokters en vakbonde pasiënte om na die spa’s te gaan vir behandeling. So baie mense wil daarheen gaan dat daar ’n tekort aan ruimte is. ’n Klomp badhuise is onlangs opgeknap en ’n paar nuwes is gebou. Maar daar is nog ’n tekort aan huisvesting vir almal wat die geriewe wil gebruik. Daarom tref besoekers wyslik lank voor die tyd reëlings vir huisvesting.

’n Toer deur die dorp

Die dorp Karlovy Vary het ’n betowerende, ontspanne atmosfeer wat besoekers al lank geniet. Die wit vooraansigte van die huise wat in die beboste heuwelhange ingebou is, is waarlik pragtig om te sien en lyk soos lae koek in ’n winkelvenster.

Op die rivierbank sien jy seuns wat stukke brood vir die forelle in die Teplárivier gooi. Klante wat in ’n tou wag om die beroemde spawafels te koop, is ’n algemene gesig in winkels. Tsjeggiese kristal glinster in winkelvensters. Die Moser-glasfabriek in Karlovy Vary voer bokale van geslypte glas uit na plekke orals in die wêreld.

Terwyl besoekers aan Karlovy Vary deur die lane kastaiingbome, bergrose en wit seringstruike loop, kan die voëlgesang in die woude op die heuwels gehoor word. Dit is waar die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe gewoonlik met sy aantekeningboek geloop het. Hy het hierdie plekke gewys vir Ludwig von Beethoven, die beroemde komponis, wat sy agtste simfonie hier gekomponeer het.

Ja, sedert die 17de eeu het reuse in die musiekwêreld deur die strate van hierdie dorp geloop. Behalwe Beethoven was ander besoekers Carl Maria von Weber, Niccolò Paganini, Frédéric Chopin, Franz Liszt en Johannes Brahms. Dit is hier waar die negejarige Robert Schumann betowerd na ’n konsert deur Ignaz Moscheles geluister het, ’n ondervinding wat hy nooit vergeet het nie.

Keiser Frans Josef I van Oostenryk het meer as honderd jaar gelede beveel dat die Keiserlike Baddens vir hom en sy gesin gebou word. Vandag geniet pasiënte hier badbehandelings in koperbaddens, terwyl die keiser ’n bad van goud gebruik het.

Goeie gesondheid vir almal

Die verdorwenhede van die beskawing, waaronder omgewingsbesoedeling, oorbevolking, alkoholmisbruik, rook, onsedelikheid, en ’n sittende lewenstyl het bygedra tot ’n aantal 20ste-eeuse siektes. Baie maak staat op spa’s soos dié by Karlovy Vary om verligting te bring. Maar hoe jammer tog dat party wat daarheen gaan vir hulp, selfs terwyl hulle daar is, nie ophou met hulle rokery of onsedelike lewenswyse nie. Dit kan hulle medebesoekers ontstel.

Daar is nog ’n probleem. Die gebied rondom Karlovy Vary is geseën met natuurlike mineraalrykdomme, soos steenkool en kaolien. Maar die industrieë wat geskep is om hierdie mineraalrykdomme te ontgin, het hierdie pragtige omgewing besoedel.

Dit lyk nietemin asof baie mense verkwikking en verligting van hulle liggaamlike ongesteldhede kry deur Karlovy Vary te besoek. Natuurlike geneesmiddels is ’n seëning van die Skepper, en hulle sal miskien aanhou om die bewoners van die aarde te help tot die dag wanneer “geen inwoner sal sê: Ek is siek nie”.—Jesaja 33:24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel