Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 7/22 bl. 31
  • Het hulle die hel ontdek?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het hulle die hel ontdek?
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wie gaan hel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat is die hel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wat het van die helse vuur geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 7/22 bl. 31

Het hulle die hel ontdek?

HET jy agtergekom dat geloof in die helvuurleerstelling in die laaste tyd blykbaar afgeneem het? Miskien kan dit net nie bly bestaan in hierdie tyd van skeptisisme waarin ons lewe nie. Of moontlik besef al hoe meer mense dat die idee om mense vir ewig in ’n vuur te folter nie versoen kan word met die regverdige en liefdevolle God wat in die Bybel beskrywe word nie. Wat die rede vir die ongeloof ook al is, sommige godsdiensleiers reageer daarop deur dinge te doen wat toon dat hulle desperaat is. Beskou ’n voorbeeld hiervan.

In die Verenigde State het ’n nasionale “Christelike” televisiediens sowel as ’n evangeliese nuusbrief onlangs berig dat wetenskaplikes “die hel” ontdek het terwyl hulle boorwerk in Siberië gedoen het! Die tydskrif Biblical Archaeology Review het een so ’n berig neerhalend opgesom.

’n Span Finse en Noorse wetenskaplikes was glo in Siberië besig om, as ’n eksperiment, diep in die aardkors in te boor. Hulle was baie verbaas toe hulle die boorkop etlike kilometers onder hulle tot in ’n leë ruimte ingeboor het! Hulle was selfs meer verbaas toe hulle vasgestel het dat die temperatuur daaronder meer as 1100 grade Celsius is! Maar dit het hulle die heel meeste verbaas toe hulle ’n mikrofoon in die gat laat afsak het en duisende—miskien miljoene—mensestemme gehoor het wat almal van pyn skreeu! Volgens wat vertel word, was die wetenskaplikes so ontsteld dat baie van hulle hulle aan die projek onttrek het. Sommige moes belowe om dit geheim te hou, terwyl ander hulle van ateïsme tot “die Christelike godsdiens” bekeer het weens hierdie bewys dat die hel bestaan.

Dit is nie verbasend dat diegene wat hierdie verhaal gepubliseer en oorvertel het, beweer het dat dit goed gedokumenteer is nie. Rich Buhler, gasheer van ’n radiogeselsprogram, het in Christianity Today geskryf dat hy en sy personeel probeer het om sulke berigte na te gaan. Tydens die ondersoek was een bron van die berigte net ’n warboel gepubliseerde artikels waarin daar aangehaal is uit briewe wat weer aangehaal het uit ander artikels wat net so min gestaaf kon word.

Die ander bron was ’n brief van ’n Noorweër wat, toe hy daaroor uitgevra is, eerlik erken het dat sy brief ’n versinsel was. Hy het dit gestuur bloot omdat hy seker was dat mense dit sou glo en sou publiseer. Hy het ongetwyfeld besef wat die droewige waarheid oor heeltemal te veel godsdiensorganisasies is—hulle glo wat hulle wil glo.

In die Hebreeuse Geskrifte van die Bybel word die Hebreeuse woord sjeool met die woord “hel” vertaal. Dit kom 65 keer voor, en in die Authorized King James-Bybel word dit 31 keer met “hel”, 31 keer met “graf” en 3 keer met “kuil” vertaal. In die Griekse Geskrifte het daardie Bybelvertaling die Griekse woord Hades ál tien kere wat dit voorkom met die woord “hel” vertaal. Sjeool sowel as hades beteken die gemeenskaplike graf van die mensdom en het nooit betrekking op pyn of vurige foltering of op enigiemand wat in Siberië etlike kilometers onder die grond woon nie!

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Picture Book of Devils, Demons and Witchcraft/Ernst and Johanna Lehner/Dover

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel