Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 4/8 bl. 24-25
  • Moet ons ons geloftes nakom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet ons ons geloftes nakom?
  • Ontwaak!—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Geen flou verskonings nie
  • Behou ’n goeie gewete
  • Verkeerde of onskriftuurlike geloftes
  • Dink na oor jou vorige en toekomstige geloftes
  • Betaal jou geloftes
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • “Wat jy plegtig belowe, moet jy betaal”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Getroue mense kom hulle beloftes na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 4/8 bl. 24-25

Die Bybelse beskouing

Moet ons ons geloftes nakom?

’NEGPAAR wat andersins gelukkig getroud is, staan voor ’n angswekkende probleem. Jare gelede, toe hulle diep in die verknorsing was oor ’n netelige familiesaak, het hulle ’n gelofte afgelê om ’n tiende van hulle inkomste aan God te skenk as hy hulle sou help om uit die moeilikheid te kom. Nou is hulle op gevorderde leeftyd en met onverwagte geldelike probleme opgesaal, en hulle wonder: “Is ons verplig om steeds hierdie gelofte na te kom?”

Hulle penarie benadruk die wyse man se raad om nie oorhaastig te praat nie: “Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant [“engel”, NW] van God: Dit was ’n vergissing nie.”—Prediker 5:4, 5.

Geen flou verskonings nie

Al is ligsinnige ede en ontwykende beloftes die reël in vandag se permissiewe gemeenskap, kan ons nie van God verwag om vergesogte verskonings te glo nie; selfs sakemanne weet van beter. Die artikel “Sakeintegriteit: ’n Oksimoron?” in die handelsjoernaal Industry Week sê: “Ons vertrou nie meer dat mense die waarheid sal praat nie, dat hulle sal doen wat reg is pleks van wat gerieflik is nie, dat hulle hulle verpligtinge sal nakom nie.” Terwyl leuens, soos “die tjek is in die pos”, by menslike skuldeisers tyd kan wen, kan engele nooit mislei word nie.

Dit beteken nie dat God engele gebruik om die betaling van geloftes af te dwing soos ’n gewetenlose swendelaar dalk skurke sal gebruik om woekerrente van sy ongelukkige slagoffers af te pers nie. God maak eerder liefdevol van sy engele “dienende geeste wat vir [opbouende] diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe” (Hebreërs 1:14). Daarom kan die engele gebruik word en word hulle wel gebruik wanneer ons opregte gebede verhoor word.

Maar kan ons tereg op God se seën staatmaak as ons aanhou om leë beloftes in ons gebede af te lê? Die wyse man sê: “Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande [ten minste in ’n mate] verwoes?”—Prediker 5:5b.

Dit is gevolglik nie die vrees vir ’n wraakengel wat ons behoort te beweeg om ons geloftes na te kom pleks van verskonings te maak nie. Ons moet liewer waarde heg aan ’n goeie verhouding met God en werklik wil hê dat ons bedrywighede sy goedkeuring wegdra. Soos die voormelde egpaar dit pragtig uitgedruk het: “Ons wil ’n rein gewete voor God hê en wil in ooreenstemming met sy wil optree.”

Behou ’n goeie gewete

Ten einde ’n rein gewete te hê wat die nakoming van ’n gelofte betref, moet ons eerlik met onsself wees. Ter verduideliking: Sê nou iemand skuld jou ’n groot som geld, maar as gevolg van die een of ander teëspoed kan hy jou nie terugbetaal nie. Wat sal jou gelukkiger maak—dat hy net sy skouers optrek en sê dat dit onmoontlik is om al die skuld te betaal of dat hy ten minste reël om klein, gereelde bedrae terug te betaal soos hy kan?

Veronderstel volgens dieselfde redenasie dat jy eenvoudig nie ’n haastige gelofte kan hou om al jou tyd of ander middele aan behoorlike Christenbedrywighede te wy nie. Moet ons nie verplig voel om dit na te kom in die mate wat ons huidige omstandighede toelaat nie? “As die bereidwilligheid daar is”, het Paulus geskryf, “is dit welgevallig” hetsy ons baie of net ’n bietjie besit (2 Korinthiërs 8:12). Maar wat van geloftes wat ’n mens afgelê het voordat jy ’n juiste kennis van Bybelwaarhede gehad het?

Verkeerde of onskriftuurlike geloftes

Indien ons uitvind dat ’n gelofte onrein of teen goeie sedes is, moet ons dit soos ’n warm patat laat val! (2 Korinthiërs 6:16-18). Voorbeelde van onrein geloftes is:

◻ Geloftes wat afgelê word aan valse gode en godinne, soos die Babiloniese “hemelkoningin”.—Jeremia 44:23, 25.

◻ Onwettige geloftes, soos die eed van 40 mense om niks oor hulle lippe te neem nie voordat hulle die apostel Paulus doodgemaak het.—Handelinge 23:13, 14, NAV.

◻ Afvallige geloftes wat afgelê word volgens die “leringe van duiwels . . . deur . . . leuenaars . . . wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken”.—1 Timotheüs 4:1-3.

Dit spreek dus vanself dat ons moontlik sommige vorige geloftes ongeldig sal moet verklaar. Maar moet ’n mens ’n skuiwergat soek as geloftes nie onskriftuurlik is nie? Behoort ons huidige juiste kennis ons nie te beweeg om meer respek as ooit vir vorige geloftes te betoon nie?

Dink na oor jou vorige en toekomstige geloftes

Ons sal gevolglik ook nugter daaroor moet dink voordat ons in die vervolg enige geloftes by ons aanbidding voeg. Geloftes moet nie bloot gebruik word om ’n mens aan te spoor om iets te doen of nie te doen nie, soos om meer tyd aan Christelike aanbidding te bestee of om nie te veel te eet nie. Jesus het egter nie teen alle ede, soos dié wat in ’n geregshof vereis word, beswaar gemaak nie. Maar hy het klaarblyklik van onoordeelkundige ede gepraat toe hy gewaarsku het: ‘Aan die mense van die ou tyd is gesê: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie’ (Mattheüs 5:33, 34). Waarom het hy hierdie standpunt ingeneem? Was geloftes nou minder gepas as vantevore?

Ede deur getroue gelowiges uit die ou tyd was dikwels voorwaardelik. Hulle het Jehovah in ’n ernstige gebed beloof: ‘As U my deur hierdie krisis help, sal ek dit en dat vir u doen.’ Maar Jesus het gesê: “Alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.” Pleks van getroue gelowiges van sy tyd aan te moedig om voorwaardelike geloftes af te lê, het Jesus hulle verseker: “Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang.”—Johannes 16:23, 24.

Hierdie vertroue in die naam of amp van Jesus moet ook enigiemand vertroos wat nog skuldig voel omdat hy—hoe hy ook al probeer het—nie kan nakom wat hy “onverskillig met die lippe” aan God beloof het nie (Levitikus 5:4-6). Terwyl ons dus nie ons vorige geloftes ligtelik sal opneem nie, kan ons nou nie alleen in Jesus se naam bid nie, maar ons kan ’n beroep op God doen om Jesus se losprysofferande ten behoewe van ons sondes aan te wend, en ons kan in Jesus se naam om vergifnis smeek. Sodoende kan ons die “volle geloofsversekerdheid [kry], die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete”.—Hebreërs 10:21, 22.

[Foto-erkenning op bladsy 24]

Priesters besig om geloftes af te lê by Montmartre

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel