Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/8 bl. 20-22
  • Het jy al ooit gewonder?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy al ooit gewonder?
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoorde
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Sy was hoogs begunstig deur Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • “Kyk! Jehovah se slavin!”
    Volg hulle geloof na
  • Sy het die swaard van droefheid oorwin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 5/8 bl. 20-22

Het jy al ooit gewonder?

WAT sê die Bybel werklik oor Maria, die moeder van Jesus? Die meeste gelowiges in die Christendom glo vas dat die Vader God is, dat die Seun God is en dat die Heilige Gees God is, en tog is hulle nie drie gode nie, maar drie in een. Met ander woorde, die Drie-eenheid. Vir groot dele van die Christendom (Katoliek, Anglikaans en Ortodoks) het hierdie leerstelling tot die logiese gevolgtrekking gelei dat Maria, die moeder van Jesus, dus die “Moeder van God” is. Is dit werklik die geval? Hoe het Jesus sy moeder beskou? Hoe het die dissipels haar beskou? Kom ons kyk wat die Bybel se antwoord is:

1. Wanneer word Maria vir die eerste keer in die Bybel genoem?—Matteus 1:16.

2. Watter godsdiens het Maria ten tye van Jesus se geboorte beoefen?—Lukas 2:39, 41.

3. Het Maria ’n offerande gebring vir haar sondes?—Lukas 2:21-24; vergelyk Levitikus 12:6, 8.

4. Was Maria ’n maagd toe sy swanger geraak het met Jesus? Waarom is dit belangrik?—Matteus 1:22, 23, 25; Lukas 1:34; Jesaja 7:14; Hebreërs 4:15.

5. Hoe het Maria swanger geraak?—Lukas 1:26-38.

6. Hoe het Maria op haar unieke omstandighede gereageer?—Lukas 1:46-55.

7. Hoe het Maria getoon dat sy ’n besorgde moeder was?—Lukas 2:41-51.

8. Het Maria later ander kinders gehad?—Matteus 13:55, 56; Markus 6:3; Lukas 8:19-21; Johannes 2:12; 7:5; Handelinge 1:14; 1 Korintiërs 9:5.

9. Hoe weet ons dat Jesus se broers en susters nie in werklikheid sy neefs en niggies was nie?—Vergelyk Markus 6:3; Lukas 14:12 en Kolossense 4:10.

10. Het Jesus Maria as die “Moeder van God” beskou?—Johannes 2:3, 4; 19:26.

11. Het Maria haarself as die “Moeder van God” beskou?—Lukas 1:35; Johannes 2:4, 5.

12. Het Jesus sy moeder op enige spesiale manier geprys of vereer?—Markus 3:31-35; Lukas 11:27, 28; Johannes 19:26.

13. Hoe het Maria haar rol in Jehovah se voornemens beskou?—Lukas 1:46-49.

14. Is Maria ’n middelares tussen God en die mens?—1 Timoteus 2:5.

15. In hoeveel van die 66 boeke van die Bybel word Maria genoem?

16. Het die Christenskrywers in hulle boeke en briewe ’n ophef van Maria gemaak?—Johannes 2:4; 2 Korintiërs 1:1, 2; 2 Petrus 1:1.

17. Hoeveel keer word Maria genoem in die 21 briewe wat deur Paulus, Petrus, Jakobus, Johannes en Judas geskryf is?

18. Watter hoop het Maria as ’n navolger van Jesus gehad?—1 Petrus 2:5; Openbaring 14:1, 3.

19. Is Maria die vrou na wie daar in Genesis 3:15 en Openbaring 12:3-6 verwys word?—Jesaja 54:1, 5, 6; Galasiërs 4:26.

20. Watter posisie beklee Maria op die oomblik?—2 Timoteus 2:11, 12.

Die Bybel se antwoorde

1. “Jakob het die vader geword van Josef, die man van Maria, uit wie Jesus gebore is, wat Christus genoem word.”—Matteus 1:16.

2. “Toe hulle alles volgens die wet van Jehovah nagekom het, het hulle teruggegaan na Galilea, na hulle eie stad, Nasaret. En sy ouers was gewoond om van jaar tot jaar vir die pasgafees na Jerusalem te gaan” (Lukas 2:39, 41). As Jode het hulle die Wet van Moses onderhou.

3. “Toe die dae van hulle reiniging volgens die wet van Moses vervul is, het hulle hom na Jerusalem opgebring om hom voor Jehovah te stel, net soos daar in Jehovah se wet geskrywe staan: ‘Al wat manlik is en ’n moederskoot open, moet heilig vir Jehovah genoem word’” (Lukas 2:22, 23). “As die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe. Maar as sy ’n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.”—Levitikus 12:6, 8.

4. “Hy [Josef] het geen gemeenskap met haar gehad totdat sy aan ’n seun geboorte gegee het nie; en hy het hom die naam Jesus gegee” (Matteus 1:25). “Maria het vir die engel gesê: ‘Hoe sal dit gebeur, aangesien ek geen gemeenskap met ’n man het nie?’” (Lukas 1:34). “Die HERE self [sal] aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immanuel noem” (Jesaja 7:14). “Ons het as ’n hoëpriester nie iemand wat nie met ons swakhede kan simpatiseer nie, maar iemand wat in alle opsigte soos ons op die proef gestel is, maar sonder sonde.”—Hebreërs 4:15.

5. “Die engel het geantwoord en vir haar gesê: ‘Heilige gees sal oor jou kom, en krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Om dié rede sal ook wat gebore word heilig, God se Seun, genoem word. . . . By God sal geen verklaring ’n onmoontlikheid wees nie.’”—Lukas 1:35, 37.

6. “Maria het gesê: ‘My siel maak Jehovah groot, en my gees kan nie anders nie as om oor te loop van vreugde teenoor God, my Redder; omdat die Magtige groot dade vir my gedoen het, en heilig is sy naam.’”—Lukas 1:46, 47, 49.

7. “Toe hulle hom sien, was hulle verstom, en sy moeder het vir hom gesê: ‘Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.’ Maar hy het vir hulle gesê: ‘Waarom moes julle na my gaan soek? Het julle nie geweet dat ek in die huis van my Vader moet wees nie?’”—Lukas 2:48, 49.

8. “Is hy nie die timmerman se seun nie? Is sy moeder se naam nie Maria, en dié van sy broers Jakobus en Josef en Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal by ons nie?” (Matteus 13:55, 56). “Hy en sy moeder en broers [Grieks, a·del·phoiʹ] en sy dissipels [Grieks, ma·the·taiʹ] [het] na Kapernaum afgegaan, maar hulle het nie baie dae daar gebly nie.”—Johannes 2:12.

9. Daar is afsonderlike Griekse woorde vir broer en neef. “‘Is hy dan nie die timmerman, die seun van Maria en die broer [Grieks, a·del·phosʹ] van Jakobus en Josef en Judas en Simon nie? En is sy susters [Grieks, a·del·phaiʹ] dan nie hier by ons nie?’ Hulle het dus aanstoot aan hom begin neem” (Markus 6:3). ‘Moenie jou familielede [Grieks, sug·ge·neisʹ] roep nie’ (Lukas 14:12). “Markus, die neef [Grieks, a·ne·psi·osʹ] van Barnabas . . .” (Kolossense 4:10).—Sien The Kingdom Interlinear Translation of the Greek Scriptures.

10. “Jesus het vir haar gesê: ‘Wat het ek met u te doen, vrou? My uur het nog nie gekom nie.’” “Jesus [het], toe hy sy moeder en die dissipel wat hy liefgehad het daar sien staan, vir sy moeder gesê: ‘Vrou, kyk! U seun!’” (Johannes 2:4; 19:26). Volgens die gebruik in daardie tyd was Jesus se gebruik van “vrou” nie oneerbiedig nie.

11. Nie een teks in die Bybel gebruik die uitdrukking “Moeder van God” nie.

12. “’n Sekere vrou uit die skare [het] haar stem verhef en vir hom gesê: ‘Gelukkig is die moederskoot wat u gedra het en die borste waaraan u gedrink het!’ Maar hy het gesê: ‘Nee, gelukkig is eerder dié wat die woord van God hoor en dit nakom!’”—Lukas 11:27, 28.

13. “Maria het gesê: ‘My siel maak Jehovah groot, omdat hy die nederige posisie van sy slavin aangesien het. Want kyk! van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem.’”—Lukas 1:46, 48.

14. “Want daar is een God, en een middelaar tussen God en die mense, ’n mens, Christus Jesus.”—1 Timoteus 2:5.

15. Vyf—Matteus, Markus, Lukas, Johannes en Handelinge. Sy kom 19 keer voor as “Maria”, 24 keer as die “moeder” van Jesus en twee keer as “vrou”.

16. Afgesien van die vier Evangelieskrywers word Maria nooit genoem nie—nie eens in die inleidings van die apostoliese briewe nie. “Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil . . . Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus” (2 Korintiërs 1:1, 2). “Simon Petrus, ’n slaaf en apostel van Jesus Christus, . . . deur die regverdigheid van ons God en die Redder Jesus Christus.”—2 Petrus 1:1.

17. Nie een keer nie.

18. “Julle [word] self ook as lewende stene opgebou tot ’n geestelike huis om ’n heilige priesterdom te wees, om geestelike offerandes te bring wat vir God aanneemlik is deur Jesus Christus” (1 Petrus 2:5). “Ek het gesien, en kyk! die Lam het gestaan op die berg Sion, en saam met hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy naam en die naam van sy Vader op hulle voorkoppe geskrywe. En hulle sing as ’t ware ’n nuwe lied voor die troon . . . en niemand kon daardie lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend, wat van die aarde gekoop is.”—Openbaring 14:1, 3.

19. “Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE. Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word” (Jesaja 54:1, 5). “Die Jerusalem daar bo is vry, en sy is ons moeder” (Galasiërs 4:26). God se simboliese vrou, die hemelse Sion, Jehovah se hemelse organisasie, word met ’n vrou en ’n moeder vergelyk, en sy is die “vrou” in hierdie tekste.

20. “Betroubaar is die woord: Waarlik, as ons saam gesterf het, sal ons ook saam lewe; as ons bly volhard, sal ons ook saam as konings heers; as ons verloën, sal hy ons ook verloën” (2 Timoteus 2:11, 12). As Maria tot haar dood toe getrou gebly het, heers sy nou in die hemel saam met die ander van die 144 000 wat saam met Christus regeer.—Openbaring 14:1, 3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel