Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 1/8 bl. 4-5
  • Gierigheid—Wat doen dit aan ons?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gierigheid—Wat doen dit aan ons?
  • Ontwaak!—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Dié wat honger ly en dié wat sterf
  • Die slawe
  • Die groeiende gaping tussen rykes en armes
  • Vermy die strik van hebsug met welslae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • “Die era van hebsug”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Vermy steeds die strik van gierigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Kry gierigheid jou soms in sy greep?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 1/8 bl. 4-5

Gierigheid—Wat doen dit aan ons?

GIERIGHEID verwoes miljoene mense se lewe. Dit ontneem die gieriges hulle menslikheid en veroorsaak pyn en droefheid vir hulle slagoffers. Jy ervaar dalk die gevolge van gierigheid in jou eie lewe. Selfs alledaagse winkeldiefstal verhoog die pryse van dit wat jy koop. As jou salaris klein is en die koste van daaglikse benodigdhede te hoog is, is jy waarskynlik ’n slagoffer van iemand anders se gierigheid.

Dié wat honger ly en dié wat sterf

Lande se gierige eiebelang belemmer regerings se pogings om die armes op doeltreffende wyse te help. Reeds in 1952 het die wetenskaplike en voedingkundige sir John Boyd Orr gesê: “Regerings is bereid om mense en hulpbronne vir ’n wêreldoorlog te verenig, maar die Groot Magte is nie bereid om te verenig om honger en armoede van die wêreld af te verwyder nie.”—Food Poverty & Power, deur Anne Buchanan.

Daar word natuurlik wel ’n bietjie hulp voorsien. Maar wat is die werklikheid van die lewe vir die arm, verwaarloosde meerderheid van die wêreldbevolking? ’n Onlangse verslag het gesê dat “die meerderheid van die wêreld se armes [ondanks verhoogde voedselproduksie in party gebiede] steeds deur honger en wanvoeding geteister word . . . ’n Vyfde [meer as eenmiljard] van die mense in die wêreld ly elke dag honger.” Die verslag sê voorts: “Daarbenewens ly 2 miljard mense aan ‘stille honger’ as gevolg van . . . tekorte [in hulle dieet] wat tot ernstige siektes aanleiding kan gee” (Developed to Death—Rethinking Third World Development). Hierdie syfers behoort beslis voorbladnuus te wees!

Die slawe

Misdaadbase verryk hulleself ten koste van hulle slagoffers en mense in die algemeen. Dwelms, geweld, prostitusie en ekonomiese uitbuiting maak van miljoene mense slawe. Gordon Thomas sê ook in sy boek Enslaved: “Volgens die Anti-Slawerny Genootskap is daar ’n geraamde 200 miljoen slawe in die wêreld. Ongeveer 100 miljoen van hulle is kinders.” Wat is die grondoorsaak? Die verslag verduidelik: “Die drang om ander te verslaaf, is steeds die donker kant van die menslike natuur . . . [Slawerny is] die resultaat van wellus, gierigheid en magsug.”

Die magtiges dryf die swakkes en kwesbares uit en maak baie van hulle dood. “Van die tweemiljoen Indiane wat in Brasilië gewoon het toe die witmense daar aangekom het, leef daar miskien nog tweehonderdduisend” (The Naked Savage). Waarom? Die basiese rede is gierigheid.

Die groeiende gaping tussen rykes en armes

The New York Times het berig dat James Gustave Speth, ’n administrateur in die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, gesê het dat “’n wêreldwye elite besig is om te ontstaan . . . wat groot rykdom en mag versamel, terwyl meer as die helfte van die mensdom uitgesluit is”. Hierdie gevaarlike gaping tussen rykes en armes word duideliker gemaak deur sy woorde: “Daar is steeds meer as die helfte van die mense op die planeet wat ’n inkomste van minder as $2 [R9] per dag verdien—meer as 3 miljard mense.” Hy het bygevoeg: “Vir arm mense in hierdie tweeklassewêreld is dit ’n teelaarde vir wanhoop, vir woede, vir frustrasie.”

Hierdie wanhoop word vererger deur die feit dat baie van die rykes blykbaar geen gewete en ook geen medelye met die benarde toestand van die brandarm en honger menigtes het nie.

Die slagoffers van gierigheid is oral. Kyk byvoorbeeld na die verwese uitdrukking in die oë van die vlugtelinge wat vasgevang is in die magstryde in Bosnië, Rwanda en Liberië. Kyk na die gelatenheid op die gesigte van diegene wat honger ly te midde van ’n wêreld van oorvloed. Wat sit agter dit alles? Gierigheid—in die een of ander vorm!

Hoe kan jy staande bly terwyl jy deur gierige uitbuiters in so ’n vyandige milieu omring word? Die volgende twee artikels bespreek hierdie vraag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel